Hoe om Vrees te BevegVoorbeeld

How to Battle Fear

DAG 4 VAN 4

Verklaar Dit

Voordat moeilike tye ons oorval, is dit wys om jou met 'n aksieplan voor te berei. Ons kan ten volle op God vertrou, selfs wanneer ons nie van die volgende tree seker is nie. Die beste wyse om vrees te bekamp is om die Woord van God aan te haal. Kom ons verander dus die volgende verse in verklarings.

Romeine 12:2
"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is en wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."

Gebed: Vader God, help my om nie die gedrag van hierdie wêreld na te boots nie, maar laat u Heilige Gees my hervorm deur my denkpatrone te vernuwe. Dan sal ek weet wat u goeie, aanvaarbare en volmaakte wil is.

Filippense 4:8
"Verder broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig."

Gebed: Vader God, met u hulp sal ek dink aan wat waar, edel, reg, rein, mooi, lofwaardig en prysenswaardig is. 

2 Korintiërs 10:5
"... vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."

Gebed: Vader God, met u krag vernietig ek enigiets wat die kennis van God aanval en neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Kolossense 3:2
"Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie ..."

Gebed: Vader God, ek sal my gedagtes rig op die dinge wat daarbo is, nie op die aardse dinge nie.

2 Timoteus 1:7
"Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing."

Gebed: Vader God, U het my nie 'n gees van bedeesdheid, lafhartigheid of vrees gegee nie, maar van krag, liefde, gesonde oordeel en selfdissipline.

1 Petrus 5:7
"Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."

Gebed: Vader God, ek werp al my bekommernisse op U omdat U vir my sorg.

Moenie hierdie gebede net eenmaal jou eie maak nie — doen dit dwarsdeur die dag. Vrees los nie sommer sy greep op jou nie, dus moet ons ter wille van ons vryheid oorlog voer. Al het jy nie lus om hierdie verklarings te bid nie, bid dit nietemin. Jy sal nie noodwendig iets voel na jou eerste gebed nie. Dis goed so. Bid weer en weer en weer. Ons bid nie net wanneer ons lus het nie. Ons hou net aan om te bid

Oorweeg om hierdie gebede neer te skryf of neem 'n foto daarvan op jou toestel. Op dié manier sal hulle dwarsdeur die dag tot jou beskikking wees.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Battle Fear

Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie toe te laat dat vrees ons oorwin nie. Hierdie leesplan bied praktiese wenke vir elke tree wat jy gee in die stryd om vrees te oorwin.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.