Hoe om Vrees te BevegVoorbeeld

How to Battle Fear

DAG 2 VAN 4

Kyk Na Bo

Dit is 'n groot uitdaging wanneer ons op plekke beland waar ons deur vrees oorval word. Ons wil dit graag oorwin,  tog is dit baie moeilik. Dikwels is die probleem juis die plek waarna ons kyk. Helaas, ons kyk meer dikwels na ons probleme en net vlugtig na God. Ons moet dit omkeer. Kom ons vestig ons oë op ons goeie, magtige, kragtige God en kyk net vlugtig na ons probleme. Die lewe sal dan veel beter daar uitsien. 

Ons vind 'n belangrike aanmaning in Hebreërs 12. Waarop fokus ons ons energie? Op ons beproewinge en stryde wat ons in die gesig staar, of op die God wat oor al hierdie dinge heers? Hebreërs 12:2 sê ons moet "die oog gevestig op Jesus ..."  hou. Hoekom? Omdat Hy "die Begin en Voleinder van die geloof" is en dus voortdurend ons geloof vervolmaak. 

Om vas te stel waarop ons gedagtes gerig is, kan ons hierdie vrae aan onsself vra: 

Is my fokus meer op God as op my daaglikse omstandighede gerig?
Is ek geneig om oor my probleme bekommerd te wees in plaas daarvan om God te vertrou?
Laat ek vrees toe deur oor my "wat as" omstandighede te bespiegel?

Omdat ons menslik is, sukkel ons nog met vleeslike begeertes. Ons vlees sal nog steeds neig na dit wat goed voel en makliker is. Dit is baie makliker om ons gedagtes te laat dwaal na die onvoorspelbare en onsekerhede wat die lewe voortbring. Ons moet dit egter verander. 

Ons moet na bo kyk, na Jesus. Wanneer ons dit doen, sal ons gedagtes minder geneig wees om op ons probleme gevestig te wees. Ons sal nie so moeg word nie en dan sal ons die krag hê om koers te hou. Laat ons nie moed verloor nie. 

Aan die einde van hierdie leesplan, sal ons met verse toegerus wees om vrees te beveg wanneer die lewe onseker is. Vandag, waar jy ook al is, lig jou hoof en jou oë na bo. Bid 'n eenvoudige gebed waarin jy vir God vertel dat jy kies om Hom te vertrou. Herhaal dit wanneer jy voel dat vrees jou oorval. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Battle Fear

Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie toe te laat dat vrees ons oorwin nie. Hierdie leesplan bied praktiese wenke vir elke tree wat jy gee in die stryd om vrees te oorwin.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.