Hoe om Vrees te BevegVoorbeeld
Onderwerp jou Eers
Wanneer vrees sy lelike kop uitsteek, is ons eerste verdedigingslinie om ons aan God te onderwerp. Raai wie daarvan hou wanneer ons in vrees lewe? Ons geestelike vyand. Vrees is sy gunsteling speelplek.
Gelukkig het ons 'n aanvalsplan. In Efesiërs 6:10-18, gee God aan ons 'n geestelike gedragskode. Ons moet ten volle toegerus wees met die gordel van waarheid, die borsharnas van God se vryspraak, as skoene die evangelie van vrede, die skild van geloof, die helm van verlossing en die swaard van die Gees, terwyl ons gedurig bid. As ons eers reg geklee is, kan ons let op die woorde van Jakobus, Jesus se halfbroer:
"Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug" (Jakobus 4:7).
Dus, voor ons die duiwel teregwys of weerstaan, moet ons onsself afvra of ons ten volle aan God oorgegee en onderworpe is. Om aan God onderworpe te wees, beteken om van ons lewens afstand te doen. Wanneer ons met die geestelike wapenrusting en met biddende harte geklee is, onderwerp ons onsself aan die Een wat oor alle gesag beskik. As ons ons hele lewe aan God oorgee, ontvang ons die krag om die duiwel te weerstaan. Raai wat gebeur dan? Die duiwel slaan op vlug.
Wat ons egter dikwels probeer doen, is om eers die duiwel tereg te wys, voor ons ons aan God onderwerp. Dit is baie moeilik om die duiwel te weerstaan as ons nog nie ons wil, ons weë en begeertes aan God onderwerp het nie. Onderwerping aan God is nie slegs die eerste tree om te neem nie, maar onderwerping aan God is om terselfdertyd vir die Satan te weerstaan.
Ons het al die hulpbronne tot ons beskikking. Kom ons gee die nodige treë om ons lewens ten volle aan ons goeie God oor te gee. Wanneer ons dit doen het die duiwel geen mag oor ons nie.
Aangaande hierdie leesplan
Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie toe te laat dat vrees ons oorwin nie. Hierdie leesplan bied praktiese wenke vir elke tree wat jy gee in die stryd om vrees te oorwin.
More