OpgestaanVoorbeeld
Lees: Lukas 24:1-12; Galasiërs 3:28
SOAP: Lukas 24:6-8
In die eerste eeu is vroue se getuienis nie as betroubaar geag nie. Al het Jesus dit geweet, het Hy ‘n paar vroue gekies om eerste van sy opstanding te hoor. Die grootste nuus in die geskiedenis is toevertrou aan ‘n paar mense wie se getuienis nie in die hof aanvaarbaar was nie.
Deur die nuus van die opstanding aan vroue toe te vertrou, het Jesus aan hulle waarde toegeken in ‘n wêreld wat hulle voorheen as waardeloos geag het. Die opstanding het hierdie vroue verander deur aan hulle ‘n geleentheid te bied om die waarheid omtrent die opstanding aan die ander dissipels mee te deel.
Die opstanding verander ons sosiaal deur waarde en eer toe te ken aan hulle wat voorheen deur die samelewing verwerp en geïgnoreer is. Jesus het sulke mense in sy lewe en in sy opstanding geëer en aanvaar. Ons kan rus in die werk wat Hy alreeds gedoen het om aan ons eer en waarde te gee wanneer die wêreld ons verwerp.
Here Jesus, dankie vir u verlossingswerk. Dankie dat U aan my eer en waarde gee selfs as die wêreld sê dat ek niks het nie. Help my om ander te behandel soos wat U hulle sou behandel en deur u oë na hulle te kyk. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/