OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 25 VAN 43

Lees: Romeine 8:12-17; Efesiërs 1:17-21

SOAP: Efesiërs 1:17-21

Die opstanding van Christus vernuwe ons gedagtes. Waneer ons in Christus glo, verander Hy ons gedagtes en openbaar Hy voortdurend meer van Homself aan ons. Die wysheid en kennis wat ons het oor sy karakter groei hoe meer ons groei in ons verhouding met Hom. Dit begin die oomblik wanneer ons ons geloof in Hom plaas. 

Om in ons geloof te groei beteken dat ons gedagtes voortdurend vernuwe word deur die Heilige Gees. Soos ons groei in geloof, leer ons meer en meer oor die hoop wat ons in Christus het, wat ons sal ontvang as 'n ewige erfporsie as gevolg van Christus en die krag en sterkte van God.

God se groot krag kan reg deur die skepping en deur die lewens van sy mense gesien word. Die krag wat Hy getoon het toe Hy Christus uit die dood opgewek het, hom in die hemel laat sit het en Hom die krag oor elke mag en gesag gegee het, is ver bo ons begrip. Soos God voortgaan om ons gedagtes te vernuwe en ons meer soos Christus te maak, mag ons dieselfde woorde as Paulus bid, dat Hy ons geestelike wysheid en openbaring in ons groeiende kennis van Hom sal gee. 

Here God, ek staan in ootmoed oor u groot krag. U het Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel laat sit, oor elke mag en gesag. U alleen is waardig vir my lofprysing en my toewyding. Gee my geestelike wysheid en openbaring soos ek groei in my verhouding met U. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/