Nader tot GodVoorbeeld
Lees: Psalm 19:1-4, Psalm 104:24-25
SOAP: Psalm 104:24-25
Wetenskaplikes weet nie presies hoeveel lewende spesies daar in die wêreld bestaan nie. Inteendeel, na etlike eeue van dokumentering, kon hulle slegs ongeveer 14% van die lewende spesies aanteken. Die oorblywende 86% spesies moet nog ontdek word! Daar is ongeveer 1,2 miljoen dierespesies wat aan ons bekend is, maar wetenskaplikes skat dat daar nagenoeg 8,7 miljoen spesies op aarde is!
Wanneer ons nadink oor hoeveel lewende spesies die Here geskape het, word ons harte genoop tot aanbidding. Sy werke is waarlik ongelooflik! Een van my seuns se gunsteling plekke by die dieretuin is die reptielhuis. Die uniekheid van daardie gediertes alleen is ontsagwekkend; van die verkleurmannetjie wat sy kleur kan verander, tot die slang wat vervel, tot die klein, helderkleurige boompadda. Ek staan dikwels verbaas oor die ingewikkelde detail wat God aan elke lewende wese gegee het.
Neem vandag 'n oomblik om na te dink oor die ontsagwekkendheid van God in sy skepping. Loof Hom te midde van die grootheid van die skepping vir sy persoonlike aard. Tussen meer as een miljoen diersoorte en 7,7 miljard mense, het Hy jou geskape, het Hy jou lief en ken Hy jou hart.
Here, wie kan u grootheid verstaan? Dankie vir al die wonderlike wesens wat U geskep het! Ek prys U, want U het my geskape en sorg vir my daaglikse behoeftes. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |