Nader tot GodVoorbeeld
Lees: Psalm 19:5-7, Johannes 1:14-18
SOAP: Johannes 1:14
Die menswording is waarlik 'n wonderwerk. Die oorspronklike woord vir "inwoon" kom van die woord "tabernakel". Die tabernakel was die tent wat God die Israeliete opdrag gegee het om op te rig terwyl hulle veertig jaar lank in die woestyn rondgedwaal het. Dit was die plek waar sy teenwoordigheid gewoon het en hoe Hy onder die mense gewoon het.
En dit is wat Jesus met ons gedoen het! Hy het onder ons kom woon. Hy het letterlik tussen sy dissipels gewoon. Deur Hom sien ons “die glans van God se heerlikheid en die presiese voorstelling van sy wese” (Hebreërs 1:3). Dit is hoe dit in die begin was, in die tuin. God het in sy skepping onder die mensdom gewoon. Hoe wag my hart nie gretig op die dag wanneer Hy weer by ons sal woon nie. Wat 'n dag sal dit nie wees nie!
Here Jesus, baie dankie dat U u tuiste in die hemel verlaat het en 'n tydjie op aarde onder ons kom woon het. Deur u lewe en dood het U ons die karakter en hart van God gewys. Ons wag gretig op die dag wanneer ons weer in u teenwoordigheid sal leef! Kom, Here Jesus!
Aangaande hierdie leesplan
"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |