Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 13 VAN 43

 

Lees: Jeremia 29:12-14, Jakobus 4:8

SOAP: Jakobus 4:8

 As sondige mense het ons twee keuses: óf om van God af weg te hardloop (as gevolg van ons sonde en skaamte) óf om nader aan Hom te beweeg. Ons aard is om te weg te hardloop en weg te kruip, en dis wat ons vyand hoop ons sal doen. Om tot God te nader, moet ons ons ware identiteit as sy kinders verstaan, ook sy identiteit as 'n goeie Vader. Hy belowe dat as ons na Hom toe kom, Hy tot ons sal nader. Hy stel Homself beskikbaar aan ons; kom ons aanvaar sy uitnodiging en nader tot Hom.

Wat sal "nader tot Hom" vandag vir jou beteken? Is daar iets wat jou daarvan weerhou om jou hemelse Vader te benader? Bely. Bekeer. Vra Hom om jou skuld en skaamte weg te neem. Jy is sy geliefde kind. Hy wag met ope arms op jou.

Here, dankie dat ons deur Christus tot U kan nader. Mag die leuens van Satan onthul word deur die waarheid van u woord. Ons is ewig dankbaar vir die vergewing van ons sonde en dat ons burgers van die koninkryk van die lig kan wees! Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/