Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 10 VAN 43

 

Lees: Psalm 19:5-7, Kolossense 2:1-10

SOAP: Psalm 19:5-7

Het jy jou al ooit verwonder oor die krag van die son? Sy kolossale grootte - meer as een miljoen aardes kan daarin pas. Hoe dit die perfekte hoeveelheid lig en hitte uitstraal vir lewe om te floreer, en nie te warm of te koud is vir die hele skepping nie. Die son is die perfekte afstand van die aarde af en dit bly perfek in sy wentelbaan. Die ingewikkelde, komplekse beweging van die son en aarde bring nag, dag en seisoene mee. God het sonder twyfel sy groot krag en oppermag in die skepping van die son geopenbaar.

Die psalmdigter vergelyk die son met 'n bruidegom - die heerlikheid, liefde en afwagting wat 'n bruidegom ervaar wanneer hy die huweliksplarform verlaat om sy bruid op te eis. Wanneer hy praat van die son se krag en vasberadenheid, vergelyk hy dit ook met 'n kragtige atleet wat 'n wedloop hardloop. Die son is sekerlik 'n middelpunt van God se skepping. Ons kan net aflei dat, aangesien dit so glorieryk is, die Skepper daarvan nog meer glorieryk moet wees!

Here, baie dankie dat U elke dag vir ons u krag en grootheid wys deur dit wat U gemaak het. Dankie vir u getrouheid en hoe U elke oggend u liefde en elke aand u getrouheid verkondig. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/