Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 4 VAN 43

Lees: Job 12:7-10, Johannes 1:1-3

SOAP: Johannes 1:1-3

“All things bright and beautiful, all creatures great and small, all things wise and wonderful, the Lord God made them all.” Ek het in my kinderjare baie lief geword vir hierdie bekende lied. Wanneer ek en my man tyd saam met ons kinders in die natuur deurbring, wys ons hulle voortdurend hoe ontsagwekkend God is. Dit is wonderlik om God saam met ons kinders te aanbid terwyl ons die omvang en glorie van sy skepping verken. 

Van die berge tot die oseane, van die insekte, die blomme en die bome, tot die manier hoe Hy my geskape het, openbaar God se werke sy kreatiwiteit, wysheid en grootheid. Alle dinge is deur Hom geskape en sonder Hom sou niks tot stand gekom het nie.

Here, ons is in verwondering oor u kreatiwiteit en ons bevestig u grootheid in alles wat U gemaak het. Help ons om u Naam te verheerlik in ons daaglikse lewenswandel met ons kinders, familie en vriende, deur u grootheid in die skepping uit te wys. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/