Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 3 VAN 43

Lees: Psalm 19:1-4, Psalm 33:6-9

SOAP: Psalm 19:1-4

Kan jy die laaste keer onthou wat jy in verwondering was oor die skepping? Hetsy jy die skouspelagtige sterrehemel aanskou of deur 'n uitgestrekte bergreeks ry, of 'n pasgebore babatjie hoor huil, verwek God se skepping 'n gevoel van verwondering in ons. 

In sy jong dae het Dawid baie tyd buite as skaapwagter deurgebring. Hy het baie tyd gehad om die glorie van die skepping te aanskou. Hy sê dat die hemel "getuig" van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande "bekend". Die hemel spreek nie woorde wat ons kan hoor nie, maar God se groot krag en koninklike majesteit word in die skepping verheerlik. 

Die skepping is vir die wêreld 'n getuienis sonder woorde. Die werke van sy hande het geen vertaling nodig nie. Dit is sigbaar vir die hele wêreld; dag-na-dag, aand-na-aand, van Dawid se dae af, tot vandag. God se skepping dra 'n voortdurende getuienis van sy oneindige krag en wysheid! 

Here, ons aanbid U as Skepper. Ons staan in verwondering oor alles wat U gemaak het. U ewige krag en goddelike natuur is sigbaar in wat U skep. Open asseblief ons oë vir u majesteit, en help diegene wat U nog nie ken nie, om U grootheid deur u skepping te aanskou. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/