Nader tot GodVoorbeeld
Lees: Psalm 19:11-12, Kolossense 3:16-17
SOAP: Kolossense 3:16-17
In die vroeë kerk was sang gebruik as een van die primêre maniere waarop teologie geleer is. Israel was 'n tradisionele landbougemeenskap, en dit was nie noodsaaklik om te kon lees nie. Kultuur was gebaseer op mondelinge tradisie. Die manier waarop mense in die vroeë kerk waarhede oor God kon onthou, was deur middel van psalms, lofsange en geestelike liedere.
Dit is vandag nog waar. Hoeveel keer het 'n liedjie al in jou kop gemaal? Wat as hierdie liedjies met die "woorde van Christus" gevul was? Die dinge waaroor ons dink maak saak; dit beïnvloed die manier waarop ons optree. As ons daagliks oor diep geestelike waarhede nadink, sal ons harte oorloop in aanbidding tot Hom. Neem vandag tyd om na te dink oor hoe jy die woord van Christus ryker in jou en jou geliefdes kan laat leef.
Here, dankie dat ons die vermoë het om u woord vandag te lees, en ook vir die gawe van musiek. Help ons om ons gedagtes te vul met u waarhede en laat die woord van Christus ryklik in ons woon. As gevolg hiervan, mag genade en danksegging uit ons harte straal in aanbidding tot U. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |