Die Krag Van VisieVoorbeeld

The Power Of Vision

DAG 5 VAN 5

Laste verskaf die passie om 'n visie te bereik.

Toe Nehemia hoor van die behoeftes in Jerusalem waar die volk van God onderdruk is en die stadsmure afgebreek is, het hy begin bid en vas. Na verloop van tyd voel hy al hoe meer hy behoort iets aan die behoeftes in Jerusalem te doen en sy las neem toe.

Wanneer God 'n visie in jou lewe tot stand bring, sien jy 'n behoefte en by 'n sekere punt gaan jy die grens van objektiewe waarneming oorsteek tot 'n innige verlange om iets aan die behoefte te doen. Die las weeg swaar en jy kan nie daarvan ontslae raak nie. Jy treur en rou oor wat jy gesien het — en dan tree jy op. 

God bring 'n visie in jou binneste tot stand. Dit is tyd om sterk en moedig te wees en 'n eerste tree te neem om die visie wat God jou gegee het, te vervul.

Wees bemoedig, ongeag wat of waarheen jou volgende tree jou sal neem. As Christen is jou moed in jou verhouding met God gewortel en gevestig.

Wat weerhou jou daarvan om die volgende tree met God in jou lewe te neem? Watter uitdaging het jy nodig om bo uit te kom?

Waag dit vandag om God vir krag en moed te vra.


N.S.: Wil jy jou verder verdiep en God se visie vir jou lewe ondersoek? Teken vandag in by ons aanlynkursus, "The Power of Vision" dit is gratis! 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Power Of Vision

Visie is die belangrikste faktor wat goeie leiers van uitstaande leiers onderskei. Verken die proses wat God gebruik om visie in die lewe van Christene te skep.

More

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://ILITeam.org