Die Krag Van VisieVoorbeeld

The Power Of Vision

DAG 3 VAN 5

'n Visie word normaalweg uit 'n menslike ervaring gebore en gebaseer op 'n menslike behoefte.

God kan kies om sy visie vir jou lewe te openbaar deur 'n bonatuurlike ervaring soos 'n nagtelike droom of 'n Goddelike besoek deur 'n engel; nietemin, vir die meeste mense begin die proses egter wanneer hulle van 'n behoefte bewus word.

Nehemia het intens vir die volk Israel en die stad Jerusalem omgegee; en toe een van die ballinge vir hom sê: "Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand" (Nehemia 1:3), het hy begin huil en treur.

Alhoewel Nehemia nog nooit in Jerusalem was nie, het hy van die nood bewus geword.

God het jou vir 'n doel geskape en wanneer jy God se visie vind, gryp jy dit nie net aan nie, daardie visie gryp jou aan.

Watter menslike nood roer jou hart en raak jou geestelike gemoed?   

Die antwoord op hierdie vraag is jou eerste stap in die proses om God se visie vir jou lewe te ontdek.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Power Of Vision

Visie is die belangrikste faktor wat goeie leiers van uitstaande leiers onderskei. Verken die proses wat God gebruik om visie in die lewe van Christene te skep.

More

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://ILITeam.org