Die Krag Van VisieVoorbeeld

The Power Of Vision

DAG 2 VAN 5

Voel jy ooit magteloos, maar wens jy kan 'n verskil maak?  

Dink na oor Nehemia, die skinker van koning Artasasta. Hy het geen geld of mag gehad nie, tog het God hom gebruik om die geskiedenis te verander.

Toe Nehemia se broer hom van die vervolging in Jerusalem kom vertel, het hy gaan sit en huil.

Nehemia het baie vir die volk Israel en die stad Jerusalem omgegee. Toe hy die nuus hoor, het hy die nood in sy gedagtes raakgesien, die pyn in sy hart gevoel en word hy gedryf om te bid.

Ons kan ons voorstel dat hy gedink het: "Wat kan ek in werklikheid hieraan doen? Ek is net 'n skinker vir die koning.”

Ondanks sy magteloosheid het Nehemia hom tot die Almagtige gewend. Neem 'n oomblik om God te vra om 'n behoefte in jou omgewing aan jou te openbaar, 'n behoefte waarvoor God jou die unieke gawe geskenk het om te vervul.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Power Of Vision

Visie is die belangrikste faktor wat goeie leiers van uitstaande leiers onderskei. Verken die proses wat God gebruik om visie in die lewe van Christene te skep.

More

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://ILITeam.org