Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld
Besluit Wat Die Beste Is, Nie Net Wat Goed Is Nie
Sommige dinge is nie noodwendig verkeerd nie, dit is net onnodig. Meeste van die keuses wat jy in die lewe maak, gaan nie werklik daaroor of dit goed of sleg is nie. Dit gaan eerder oor wat die béste vir jou is.
Die Bybel praat daarvan in 1 Korintiërs 10:23: "Daar is mense wat sê: 'Alles is geoorloof.' Ja, maar nie alles is heilsaam nie. 'Alles is geoorloof,' sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie."
Baie dinge is sedelik onpartydig. Om 'n goeie besluit te maak, moet jy op 'n hoër standaard dink en jouself vra: “Sal dit wat ek nou wil doen van my 'n beter persoon maak?” Dit word die ontwikkelingstoets genoem.
Ek onthou baie jare gelede, toe Kay ons baba gevoed het, wat altyd omtrent twaalfuur in die middag honger was. Sy sou dan gaan sit om die baba te voed en terselfdertyd die TV aangeskakel. Wat wys op TV in die middag? Sepies. Sy het toe na 'n sepie begin kyk terwyl sy die baba gevoed het. Klaarblyklik vloei een sepie oor na 'n ander. Die een lei reguit na die volgende een. Baie gou was sy besig om twee sepies te kyk. Na verloop van tyd, drie. Daardie baba het vet geword!
Na 'n ruk, het sy gesê, het sy besef dat sy dit nie meer vir die baba doen nie. Sy was in werklikheid besig om haar skedule só aan te pas dat sy daardie programme kon kyk. Sy het begin dink: “Ek sal nou die strykwerk doen,” of “Ek sal die kombuis skoonmaak,” om sodoende seker te maak dat sy daar is waar die TV was.
Ewe skielik het die lewens van fiktiewe persone deel van haar lewe begin word. Sy het intens geïnteresseerd begin raak in die lewens van mense wat nie eens werklik bestaan het nie! Op 'n dag het dit haar eensklaps getref: “Ek is besig om my lewe te vermors! Hierdie maak nie van my 'n beter vrou of moeder of eggenote nie. Dit het geen bevrydende eienskappe nie. Ek kan eerder omgee vir mense wat werklik bestaan”.
Is jy meer geïnteresseerd in fiktiewe karakters op TV as wat jy oor Paulus, Petrus en die dissipels is, en wat God in jou lewe wil doen? Belê jy jou tyd in die oppervlakkige lewens van bekende persone wat tydskrifte se blaaie vul? Sit jy vanaf die oomblik wat jy tuiskom op 'n Vrydag, tot Maandagoggend, voor die sportkanaal vasgenael?
Is hierdie dinge boos? Nee. Is dit slegte dinge? Nee. Die vraag is nie: “Is daar enigiets verkeerd daarmee nie?” Die vraag is: “Sal dit my meer soos Jesus maak?”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvolgens jy moet leef, 'n lewensplan en 'n lewensdoel moet hê.
More