Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 14 VAN 16

Hoekom Dink Jy Het Jy Nie Tyd Nie?

Die beginsel van "gebruik dit of verloor dit" is alombekend. As jy nie oefen nie, gaan jou spiere kleiner word. As jy nie jou geld belê nie, gaan jy dit verloor. As jy nie leer om jou brein te gebruik nie, gaan jou geheue en denkvermoë agteruitgaan soos jy verouder. As jy jou talente nie ontwikkel en beoefen nie, gaan jy dit verloor.

Die teenoorgestelde is ook waar. As jy dit gebruik, kry jy selfs meer by. As jy dus jou spiere oefen, word hulle groter. As jy 'n bietjie geld belê, vermeerder dit. Dit vermenigvuldig!

Hebreërs 13:21 sê: “Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen”.

Waarvan het jy meer nodig in jou lewe? Wat van meer energie? Wat van meer tyd? Wat van meer geld? Wat van meer talente?

Hier is die geheim: neem 'n bietjie van dit waarvan jy dink jy méér nodig het en gebruik dit om onselfsugtig diensbaar te wees teenoor ander mense en God sal dit wat jy wel het, vermeerder. Jy sê: “Ek het nie tyd om ander mense tot hulp te wees nie. Ek het nie tyd om die Woord te verkondig nie. Ek het reeds nie genoeg tyd om alles te doen wat ek moet doen nie. Hoe kan ek nog iets byvoeg?” Hoekom dink jy het jy nie genoeg tyd nie? Dit is omdat God nooit bedoel het dat jy ál jou tyd net aan jouself moet bestee nie! Waarom sal God vir jou meer tyd gee as jy dit net aan jouself gaan bestee?

Dis soos die beginsel van tiendes, waar die eerste 10 persent van al jou inkomste terug moet gaan na God. Hoekom? Wanneer jy daardie 10 persent teruggee aan God, sal God die oorblywende 90 persent verder laat strek as die 100 persent wat jy vir jouself sou gehou het. Dit geld vir jou tyd. Dit geld vir jou talente. Dit geld vir enige iets in die lewe.

As jy dit nie gebruik nie, gaan jy dit verloor. Die manier waarop jy meer gaan kry, is om die bietjie wat jy het, te belê. Hou dop en jy sal sien hoe God alles wat jy nodig het (en nog meer) aan jou sal gee wanneer jy sy wil doen deur jou tyd, geld en talente vir Hom te gebruik.

Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvolgens jy moet leef, 'n lewensplan en 'n lewensdoel moet hê.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com