Meesterlik in Een DingVoorbeeld

Master Of One

DAG 5 VAN 5

135 Jaar en Meer

Die besienswaardigheid in Barcelona wat die meeste aftrek kry is nie 'n temapark of voetbalstadion nie. Dit is 'n onvoltooide kerk waaraan nou reeds meer as 135 jaar gebou word.

As jy die la Sagrada Família besoek, sal jy dadelik sien hoekom die kerk so gewild is. Om mee te begin, is dit werklik ontsagwekkend. Daar is egter 'n tweede rede waarom die kerk so 'n trekpleister is: In 'n era waar spoed die botoon voer, trek die tempo waarteen die la Sagrada Família gebou word, ons aandag. 

Ons sien dikwels hoe restaurante binne weke, huise binne maande en wolkekrabbers binne slegs 'n paar jaar gebou word. Die gedagte dat 'n kerk oor meer as dertien dekades gebou word, is eenvoudig vir baie ondenkbaar. Dit is daardie toewyding aan stadige, meesterlike werk wat miljoene mense jaarliks na 'n kerk lok wat doelbewus ontwerp is om die wêreld tot stilstand te bring en na hierdie vakmanskap te staar as 'n manier om ons op die heerlikheid van God te wys.

Nog voor Antoni Gaudí die la Sagrada Família ontwerp het, het hy reeds wêreldwyd bekendheid as 'n meesterargitek verwerf. Nietemin, in 1883, het Gaudí se visie vir die bou van die la Sagrada Família ontstaan en het die projek begin om al sy aandag in beslag te neem. As 'n toegewyde Christen, het hy 'n kerk in die vooruitsig gestel wat letterlik deur die ongelooflike omvang en vakmanskap op 'n aanskoulike wyse Christus se lewe en van God self die "voortreflikhede sou verkondig".

Gaudí was só oortuig dat die argitektuur van hierdie kerk sy Godgegewe roeping was, dat hy vir die laaste twaalf jaar van sy loopbaan alle aanbiedinge vir ander projekte van die hand gewys het, sodat hy intens daarop kon fokus om 'n meesterstuk van hierdie een te maak.

Die resultaat? Gaudí het aan toekomstige geslagte die bloudrukke gegee vir dit wat die mees aanskoulike kerk ter wêreld geword het. 'n Skeptiese, maar ervare reisiger en joernalis, het gesê: "Toe ek by die [kerk] se deur instap — is alle twyfel onmiddellik verdryf. Dit is die mees verstommende ruimte wat dadelik sy stempel afdruk."

Of jy nou 'n argitek, 'n entrepreneur, 'n pastoor of 'n bemarker is, dit is nie maklik om meesterlikheid in jou vakgebied of vaardigheid te bereik nie. Dis regtig baie moeilik. Is dit egter die moeite werd? Vir seker! Hoekom? Omdat meesterlike werk ons naaste liefhet soos onsself, geleenthede skep om die evangelie uit te dra, en tot die mees volhoubare bevredigende beroep kan lei. Die belangrikste is, net soos die la Sagrada Família so duidelik illustreer dat meesterlike werk die wêreld se aandag trek en die heerlikheid en karakter van die uitsonderlike God openbaar, is ons geroep om Hom te weerspieël.

Ons het hierdie leesplan uit Jordan Raynor se nuwe boek, Master of One aangepas. Kry hier meer inligting oor die boek .

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Master Of One

Die teenoorgestelde van meesterlik is middelmatig, en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling van God se beeld gee. In hierdie leesplan gaan jy ondersoek instel waarom Christene die hoogste standaarde van uitnemendheid in hul werk moet handhaaf; waarna ons behoort te soek ten opsigte van "een ding," en hoe jy bekwaamheid in jou beroep tot verheerliking van God en tot voordeel van ander kan bereik.

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek https://www.jordanraynor.com/masterofone vir meer inligting