Meesterlik in Een DingVoorbeeld

Master Of One

DAG 4 VAN 5

Die Drie Sleutels tot Meesterlikheid

Deur die loop van die afgelope paar dae, het ek probeer verduidelik hoekom Christene daarna moet streef om een beroepsgerigte ding op 'n slag te bemeester en waarna ons in daardie "een ding" moet soek. Vandag kyk ons hoe ons meesterlikheid in ons vakgebied of vaardigheid tot verheerliking van God en ten goede van ander kan behaal.

In die omvattende navorsing wat my span uitgevoer het vir Master of One, het daar telkemale drie sleutels na vore gekom.

Sleutel #1: Vakleerlingskap 

Jakobus 4:6 sê: "... God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade." Die Here se getrouheid aan hierdie belofte, het in ons navorsing baie sterk na vore gekom. Veel meer as enige ander eienskap, het nederigheid na vore gekom tydens die onderhoude in die verhale van elke volgeling van Christus wat meesterlikheid bereik. 

Wanneer ons die werk gekry het wat ons wil aanpak, is dit uiters belangrik om eers in nederigheid die mentorskap van ander op te soek wat reeds meesterlikheid in hul gekose velde behaal het.

Sleutel #2: Doelgerigte Oefening

Dit is welbekend dat meesterlike presteerders in enige veld, duisende ure aan oefening in hul vakgebied of vaardigheid wy. Die feit is: Dit is slegs "doelgerigte oefening" oor 'n lang tyd, wat tot meesterlikheid lei. 

Doelgerigte oefening word deur vier dinge gekenmerk: bepaalde doelwitte, intensiewe fokus, gereelde ongemak, en waarskynlik die belangrikste van almal, vinnige terugvoer. 

Spreuke 12:15 sê: "In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad." Die doel van meesterlikheid gaan vir die Christen nie oor eie roem en rykdom nie. Ons streef hoofsaaklik na meesterlikheid tot verheerliking van God en ten goede van ander. Dit is eenvoudig onmoontlik om te weet of ons ander ten beste deur ons werk dien en liefhet, as ons nie gereeld hulle raad en terugvoer vra nie.

Sleutel #3: Langdurige Dissipline

Om ware meesterlikheid in enige beroep te behaal, moet jy die dissipline aan die dag kan lê om duisende ure van doelgerigte oefening in daardie beroep of vaardigheid te belê. Dit is juis waarom dit so belangrik is om behoorlik tyd af te staan om soveel moontlik verskillende beroepsgeleenthede te ondersoek voordat jy enigeen kies en jou daaraan toewy. Dit is bloot nie genoeg om net 'n beroepskeuse te maak nie. Om ons werk meesterlik tot verheerliking van God en ten goede van ander te kan doen, moet ons die een beroepsgerigte ding vind wat dit vir ons die moeite werd maak om ons vir 'n aansienlike tyd daaraan te kan toewy. Oor en oor herinner die Skrif ons: "Hardwerkende mense kom in magsposisies ..." (Spreuke 12:24).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Master Of One

Die teenoorgestelde van meesterlik is middelmatig, en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling van God se beeld gee. In hierdie leesplan gaan jy ondersoek instel waarom Christene die hoogste standaarde van uitnemendheid in hul werk moet handhaaf; waarna ons behoort te soek ten opsigte van "een ding," en hoe jy bekwaamheid in jou beroep tot verheerliking van God en tot voordeel van ander kan bereik.

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek https://www.jordanraynor.com/masterofone vir meer inligting