Meesterlik in Een DingVoorbeeld
Jesus se "Een Ding"
In die vorige oordenking het ek aangevoer dat die beste manier om God en ander deur ons werk lief te hê, is om daarna te streef om "meesterlik in een ding" te wees, eerder as om "meesterlik in niks" te wees nie. Om dit te doen, moet ons helderheid kry oor die werk waarvoor God ons geskape het en dan die moed aan die dag lê om "nee" te sê vir enigiets anders.
Ek glo niemand het dit beter verstaan as Jesus nie. Hy was in besonder bewus van die natuurlike beperkinge wat tyd en aandag op ons vermoëns plaas om ons lewensroepings te vervul. Jesus het daarna verwys as die werk wat die Vader aan Hom gegee het om te volbring (sien Johannes 17:4).
In Lukas 9:51 word vertel: "Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin" (my beklemtoning). Die prentjie wat hier geskilder word is nie van Jesus wat rondskarrel tussen 'n menigte onbenullige aktiwiteite nie. Jesus was bewustelik op sy "een ding" gefokus: om die goeie nuus van verlossing in woord en uiteindelike daad te bring.
In vandag se Skrifgedeelte word vertel dat terwyl Jesus "op pad" was om sy opdrag uit te voer, hy by Maria en Marta se huis aangegaan het en aan hulle 'n les geleer het om gefokus te wees, wat hulle (en ons ook) dringend nodig het. In hierdie toneel vind ons Marta, wie se aandag deur baie dinge afgelei word, en Maria wat net op een ding gefokus was. Jesus se reaksie? "... net een ding is nodig ..."
In sy kommentaar oor hierdie Skrifgedeelte, slaan Tim Keller die spyker op sy kop: "[Maria] het besluit wat belangrik is en sy het nie die alledaagse toegelaat om haar daarvan te weerhou nie. As gevolg daarvan, is sy tot roem verhef, waarvan ons maar slegs kan droom. Omdat ons meer soos Marta as Maria is, sink ons in 'n see van middelmatigheid" (my beklemtoning) weg.
Die wêreld oefen gedurig druk op ons uit om meer soos Marta as Maria te wees. Dit oortuig ons dat die weg na geluk en invloed, die weg van meer is — meer werke, meer verpligtinge, meer geld, ensovoorts. Hier bied Jesus egter vir ons 'n beter, eenvoudiger, meer regdenkende weg. Hy bied ons die weg van minder, maar beter.
In 'n wêreld vol Marta's, moet ons toelaat dat Jesus se woorde elke aspek van ons lewens deurdrenk, veral in ons werk. In plaas daarvan om ons gawes en energie in 'n miljoen verskillende rigtings te versprei, laat ons liewer die een beroepsgerigte ding doen wat ons glo die Vader aan ons gegee het, en daardie werk dan tot sy verheerliking en ten goede van ander bemeester.
Hoe begin ons om uit te vind wat ons "een ding" is? Dit is die vraag waaraan ons môre aandag sal skenk.
Aangaande hierdie leesplan
Die teenoorgestelde van meesterlik is middelmatig, en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling van God se beeld gee. In hierdie leesplan gaan jy ondersoek instel waarom Christene die hoogste standaarde van uitnemendheid in hul werk moet handhaaf; waarna ons behoort te soek ten opsigte van "een ding," en hoe jy bekwaamheid in jou beroep tot verheerliking van God en tot voordeel van ander kan bereik.
More