Moenie Moed Verloor nie Deur Jason MeyerVoorbeeld

Don't Lose Heart By Jason Meyer

DAG 7 VAN 7

God is Nie Klaar Nie 

Ek sluit hierdie week ons tyd af met 'n groot teologiese waarheid: God is nie klaar nie. Ons kan na ons lewens kyk en God se plan en ontwerp bevraagteken, maar ons kan verseker wees dat Hy nog nie met ons klaar is nie!

Ons sien dieselfde punt keer op keer wanneer ons die Bybel lees. God was nie klaar toe Josef in die tronk was, toe Jeremia in die put was of toe Jona in die vis was nie. Hy was nie klaar toe Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond gegooi is of toe Daniël in die leeukuil gegooi is nie. Hy was nie klaar toe die farao die Israeliete onderdruk het, toe Haman teen Mordegai planne beraam het of toe Saulus Christene vervolg het nie. Hy was nie klaar toe Sara onvrugbaar was, toe Rut 'n weduwee was of toe daar vir die maagd Maria gesê is dat sy 'n seun in die wêreld sou bring nie. Hy was nie klaar toe Naäman melaats was, toe Bartimeus blind was of toe Lasarus dood was nie. Hy was nie klaar toe Noag 'n ark gebou het, toe Aäron 'n goue kalf gemaak het of toe Dawid 'n sensus geneem het nie. 

Moet ook nie vergeet dat Hy nie klaar was toe Jesus deur sy tuisdorp verwerp is, deur Judas verraai is, deur sy dissipels verlaat is, deur Petrus verloën is, deur die Joodse Raad verhoor is, deur Pilatus veroordeel is, deur die soldate bespot is, aan die kruis vasgespyker en begrawe is nie.

Hoeveel meer bewyse het ons nodig? God is nie klaar met ons nie. Dit maak nie saak waar ons is of waar ons was nie — God is nie klaar nie. Moenie net kyk na die dinge wat tydelik is nie; kyk na die dinge wat onsigbaar en ewig is.

Hoe sal ons lewens lyk wanneer God sy planne vervul en sy werke in ons voltooi? Ons het nie eens 'n idee hoe groot dit sal wees nie. Ons wildste drome en hoogste verwagtinge skiet te kort. Hoop sê: "Ek weet nog nie hoe dit sal lyk wanneer daardie dag kom nie, maar ek weet dat die dag kom — en dit sal beter wees as enigiets wat ek my kan verbeel.”

Ek kan amper nie wag nie. God is nie klaar nie. Gaan voort in die Naam van Jesus, en moenie moed verloor nie.


Laat die waarheid dat "God nog nie met jou klaar is nie" oor jou spoel. Wat sou jy graag wou sien dat God in en met jou lewe doen?

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Don't Lose Heart By Jason Meyer

Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer, die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee in ons daaglikse lewens soos 'n oomblik van waarheid, mekaar ontmoet.

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/don-t-lose-heart-gospel-encouragement-for-the-weary-soul-9780801094422