Moenie Moed Verloor nie Deur Jason MeyerVoorbeeld

Don't Lose Heart By Jason Meyer

DAG 4 VAN 7

Wat Om te Doen Wanneer Jy Waardeloos Voel

Moedeloosheid is soos 'n sonbril wat die hele lewe donkerder laat lyk. Wanneer ons mismoedig is, neem ons dikwels ons onvleiende persoonlike indrukke en verplaas ons daardie donker gedagtes en gevoelens na God oor. Ons maak die foutiewe aanname dat "God na my moet kyk soos ék na myself kyk.”

Neem 'n oomblik en ondersoek jou selfspraak of jou innerlike dialoog. Watter soort dinge sê jy gereeld vir jouself? Oorweeg of jou selfspraak negatiewe stellings insluit, soos: "Ek is nie slim genoeg nie." “Ek gaan in elk geval net misluk.” “Ek is 'n verloorder.” “Niemand sal my ooit liefhê nie.” Ek is nog steeds geskok oor my eie self-gesprekke. Ek praat baie kwaai met myself en sê dinge wat ek nooit vir iemand anders sou sê nie.

Ons moet die wapens neerlê wat ons na onsself mik en ons verhale met God se verhaal oor ons vergelyk. Ons kan óf op God projekteer wat ons van onsself dink óf ons kan van God ontvang wat Hy oor ons sê. 

Waarheen gaan ons om ons verkeerde oortuigings na te gaan en God se weergawe te hoor? Die volledige verhaal kan in die Woord van God gevind word. Waarom het God ons gered en aan ons 'n nuwe lewe gegee? Hierdie teksvers beantwoord daardie vraag met die vrymoedigheid wat God se hart openbaar: “Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief" (Efesiërs 2:4). God het ons nie liefgehad omdat ons mooi is nie. Hy het ons liefgehad omdat God self liefde is, en Hy het ons as sy kinders gekies.

Dalk sukkel jy om die werklikheid van God se liefde te voel. Maak jou gebrek aan gevoel enigsins God se liefde vir jou minder werklik? Die Bybel wys ons op die getuienis van God se liefde wat in die kruis van Christus gevind word. Romeine 5:8 sê: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Onthou, God het jou en my nie liefgehad omdat ons mooi is nie. Hy het ons liefgehad toe ons nog sondaars was — moreel geen liefde werd nie. Wanneer jy voel hoe die kloue van moedeloosheid in jou hart insink, kyk na die kruis en sien die onveranderlike, onwrikbare, onomkeerbare liefde van God terwyl Jesus die las van sonde vir jou gedra het en in jou plek gely het. Hy is veroordeel sodat jy begenadig kon word. In Christus, sê die banier wat hoog oor jou vlieg, “geen veroordeling nie” (Rom. 8:1).


Wat openbaar jou selfspraak of innerlike dialoog aan jou? Is dit presies hoe God jou sien?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Don't Lose Heart By Jason Meyer

Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer, die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee in ons daaglikse lewens soos 'n oomblik van waarheid, mekaar ontmoet.

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/don-t-lose-heart-gospel-encouragement-for-the-weary-soul-9780801094422