Moenie Moed Verloor nie Deur Jason MeyerVoorbeeld

Don't Lose Heart By Jason Meyer

DAG 5 VAN 7

Wat Om te Doen Wanneer die Verlede Jou Verlam

Wanneer ons begin om moed te verloor, moet ons die evangelie neem en dit tot in die diep plekke van ons lewens versprei waar moedeloosheid graag wegkruip. Waarom is moedeloosheid so algemeen in ons lewens?

Oor die res van hierdie week sal ons 'n werklike evaluering doen wat die drie taalkundige tye van moedeloosheid sal ondersoek. Die verlede tyd van mismoedigheid is skaamte of bitterheid oor wat ons gedoen het. Die teenswoordige tyd van moedeloosheid is teleurstelling oor wat ons tans beleef. Die toekomstige tyd van moedeloosheid is angs oor wat in die toekoms kan gebeur. Ons sal hierdie halwe waarhede begin verslaan omdat die redes om moed te hou groter is as die redes om moed te verloor.

Ons herinneringe kan dien as 'n soort tydmasjien. Die tydmasjien van geheue kan 'n goeie ding wees as ons teruggaan en die goeie tye weer herleef, want as ons dit op hierdie manier gebruik, kan dit ons help om 'n uiters aangename ervaring te geniet. Maar die tydmasjien van geheue kan verdraai word wanneer ons dit gebruik om ons vorige mislukkings te herleef en onsself herhaaldelik te straf vir dieselfde fout. Wanneer ons ons sondes op ‘n herhaalde reëlmaat plaas, sidder en sug ons omdat dit skerp skuldgevoelens en skaamte veroorsaak. Ons skuldgevoelens bring vorige sondes terug in die hede in en sê: "Kyk, jy het 'n fout gemaak." Dan sluit skaamte by die gesprek aan en voeg by: "En jy is die fout."

Hier is die probleem met die verdraaide tydmasjien van geheue. Ons reis terug in tyd onder die voorwendsel van 'n halwe waarheid. Ja, ons het gesondig, en sonde moet nie ligtelik opgeneem word nie. Daar is gepaste skuldgevoelens en skaamte wat uit sonde kom, maar as Christene weet ons dat: "... Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos" (1 Tim. 1:15). 

Ja, "die loon wat die sonde gee, is die dood" (Rom. 6:23), ons skuld is egter betaal. Moenie in jou sonde bly nie. Neem dit op 'n reis al die pad terug na die kruis en spyker dit daarteen vas. Ek kan die bevrydende oomblik onthou toe ek opgehou het om my mislukkings te herleef en myself oor die kole te haal en eerder na die kruis begin kyk het. Aan die kruis het God ________ (vul jou naam in) se sonde met die bloed van Jesus Christus bedek. 

Die halwe waarheid van moedeloosheid sê ons sonde word net "gedeeltelik" aan die kruis vasgespyker, maar die waarheid van die Woord van God sê dat ons sonde ten volle betaal is!


Is daar sondes wat jy dikwels in jou gedagtes herhaal? Memoriseer Hebreërs 10:10.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Don't Lose Heart By Jason Meyer

Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer, die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee in ons daaglikse lewens soos 'n oomblik van waarheid, mekaar ontmoet.

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/don-t-lose-heart-gospel-encouragement-for-the-weary-soul-9780801094422