Alles Oor Die Hemel — DroefheidVoorbeeld
Sommige Christene het foutiewelik gedink dat droefheid 'n gebrek aan geloof openbaar. Met daardie denkwyse, voel hulle dus die behoefte om krag te behou, eerder as om in eerlikheid hul pynlike verlies te hanteer. Ander kan doodeenvoudig nie die pyn verstaan wat weduwees, weeskinders en bedroefde ouers openbaar nie. Dis asof hulle wil hê alles moet weer normaal wees! Daardie "normaal" bestaan egter nie meer vir die bedroefde familie of persoon nie, en sal ook nooit weer nie.
'n Goeie soort droefheid is noodsaaklik, Bybels, Goddelik en moet aangemoedig word. Jesus sê: "Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word" (Matteus 5:4). Dit is beide 'n belofte van die almagtige Skepper af en is ook 'n uitnodiging vir die volk van God om deel van daardie vertroosting te wees. Nietemin, vir die beloofde troos, moes daar rou wees. Rou beteken trane, 'n gehuil, geskree, ondenkbare pyn en 'n aanhoudende donker, skaduagtige, toegetrekte sin van verlies.
Goeie droefheid, is nooit verby nie. Jy kan dit onderdruk, ignoreer, jou besig hou, daarvan wegkruip, weghardloop, maar dit sal versteek lê totdat dit self eendag 'n uitweg vind.
Dis so 'n goeie soort droefheid wat ons die vermoë gee om die oorgang na 'n nuwe bestaan te maak. Ja, die weduwee moet leer om alleen te lewe en die ouers moet die ondenkbare sin van eensaamheid na die dood van 'n seun of dogter verdra. Broers en susters, dikwels vergete treurendes, moet worstel met die verlies van 'n broer of suster se liefde; en kinders, vir wie dit die moeilikste is, moet die verlies van een of albei ouers hanteer. Droefheid waarin die pyn eerlik hanteer word, vorm egter deel van die genesingsproses.
Die lewe sal dus nooit weer "normaal" wees nie. Daar word dikwels gesê, en dis waar — jy beweeg nie aan nie, jy beweeg vorentoe met jou droefheid. Sommige bedroefdes sê dis soos om 'n ledemaat te verloor — jy sal nooit ten volle genees nie, maar jy leer om anders te lewe en om aan te pas.
Droefheid maak jou onbekwaam. Jy kan nog steeds dinge doen, maar jou vermoëns is nie meer wat hulle was nie.
Toe Stephen Curtis Chapman oor sy album Die Glorieryke Ontvouing (The Glorious Unfolding), praat, beskryf hy die pyn wat verdubbel wanneer jy elke dag wakker word met die hernude bewuswording van verlies. Hy wonder of hy so hard moet skree dat sy stem wegraak. Net soos ek en Gill, het hy homself gedwing om te sê: "Die Naam van die Here sy geloofd!" Ons lees in Job 1:21 AFR53: "Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!"
Aangaande hierdie leesplan
Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.
More