Alles Oor Die Hemel — DroefheidVoorbeeld

All About Heaven - Grief

DAG 2 VAN 5

Die dood van een van Jesus se beste vriende, Lasarus, het tot die kortste sin in die Bybel gelei. "Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: 'Waar het julle hom begrawe?' Hulle het vir Hom gesê: 'Here, kom kyk.' Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: 'Kyk hoe lief het hy hom gehad!'” (Johannes 11:33-35).

Kort nadat Jesus 12 jaar oud was, het Hy ook sy eie vader verloor. Dit is onseker presies wanneer. Ondanks al die positiewe stellings wat ons gemaak het, het Jesus nie die pyn van droefheid geringgeag nie. Hy smeer dit nie toe nie, maar kan intiem daarmee meeleef. In hierdie kort verhaaltjie wat die kortste vers in die Bybel bevat, sien ons dit. Jesus het begrip vir droefheid. Al weet Hy beter as enigeen dat die dood oorwin is, laat die dood weduwees, weeskinders en bedroefde ouers agter. Aan die kruis is daar 'n merkwaardige uitruiling wanneer Hy voorbereiding tref deur aan Maria te sê: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir Johannes: “Daar is jou moeder.” Ondanks alle ander reëlings, het Jesus die belangrikheid besef van nabye, betroubare ondersteuning gedurende tye van droefheid.

As jy vir iemand sou uitvra wat oor die dood van 'n geliefde rou, is een van die dinge wat hulle ervaar, dat hulle alleen rou en dat niemand hulle regtig verstaan nie. Op 'n menslike vlak is dit dikwels waar, maar die bevrydende waarheid is dat in ons diepste pyn, in daardie onophoudelike tranevloed of oorweldigende droefheid, is die wete dat Jesus dit ook ervaar het en dit verstaan.

Droefheid en liefde is inmekaar verweef. Ons droefheid is so intens omdat ons liefde so intens was. Een van Jakob se vriende het vir hom gesê hy sou beter daaraan toe gewees het as sy pa hom geslaan het en nie vir hom lief was nie. Omdat hy egter so 'n wonderlike, liefdevolle pa was wat sulke kreatiewe herinneringe nagelaat het, sal hy sy pa ontsettend baie mis.

'n Mens kan hartseer en droefheid verwag en dis eintlik welkom. Regtig? Ja, as Jesus die gebrokenes van hart genees, kan jy trane verwag. As Hy die verbryseldes in gees red, kan jy trane verwag. Trane kan 'n simptoom of teken van droefheid sonder hoop wees; of dit kan 'n diepe, ondenkbare verlies weerspieël, maar tog in hoop en sekerheid beide oor die eindbestemming van ons geliefdes en die sekerheid van ons eie genesing.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

All About Heaven - Grief

Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.

More

Ons wil graag vir Malcom Down Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.malcolmdown.co.uk/all-about-heaven