Die Bonatuurlike LeweVoorbeeld

The Supernatural Life

DAG 5 VAN 5

Bonatuurlike Voorneme

Jesus se bediening was doelgerig. Hy het 'n duidelike visie gehad van sy rol in die herlewing van die koninkryk van God op aarde, sodat dit sou uitbrei tot die dag wat Hy terugkeer, 'n dag wat 'n wêreldwye Eden sou inlui.

Ons lewens is nie so vernaam soos Syne nie, maar elkeen van ons, soos die dissipels, het 'n ware rol om te vervul. Ons moet leef asof ons dit glo. Gelowiges wat in God se familie ingebring is . . . word nie ingebring om waarnemers te wees nie, maar deelnemers (Kolossense 1:13).

Van die doelwitte van Jesus was om vir mense te wys hoe Eden was en hoe die lewe saam met God sou wees. In die familie van God en sy heerskappy sal daar geen siekte en fisieke onvolmaaktheid wees nie. Daar sal ook geen vyandige magte wees nie. God se uiteindelike koninkryk is groter as 'n tuin, wyer as Israel. Die koninkryk sal wêreldwyd wees. Dit sal alle volke insluit. Dit sal alles wees wat Eden was — hemel op aarde.

Ons taak is om Jesus na te boots. Ons kan, soos Hy, vir die liggaam en siel van ons medemens sorg, hulle lei tot geloof in die Koning en hulle voorneme versterk om lojaal aan Hom te wees. Dit verg nie noodwendig bonatuurlike krag om in die voetstappe van die Messias te volg, om: "dié wat moedeloos is, op te beur" en "vir die gevangenes vrylating aan te kondig" nie (Jesaja 61:1), maar dit het bonatuurlike dade as grondslag. Dit vereis weerstand teen die duisternis en strategiese visie. Elke daad van goedhartigheid sal deur die Gees gebruik word om iemand se hart te rig. Geen uitlating van die evangelie sal vrugteloos wees nie. Jesus se goedhartigheid was in ooreenstemming met sy boodskap. Nie een was ondergeskik aan die ander nie. Dit is 'n standaard wat enige gelowige kan navolg — en dit is die posbeskrywing vir ‘n toekomsblik op die koninkryk.

Laastens word ons weer daaraan herinner dat intelligente boosheid nie net beperkings het nie, maar dat dit kwesbaar is vir koninkryksvisie en -optrede. Jesus sit reeds "aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan hom onderwerp het" (1 Petrus 3:22). Ons is "reeds maar nog nie", mede-heersers saam met Hom (Kolossense 3:1; 2 Tim 2:12; Openbaring 2:26; 3:21). Die poorte van die hel sal nie kan weerstand bied teen die uitbreiding en voltooiing van die kerk as God se koninkryk op aarde nie. 

Die besluit om aan die groot ommekeer deel te neem, is ons s'n.

Hierdie leesplan is aangepas uit "Supernatural": "What the Bible Teaches about the Unseen World—and Why It Matters" deur Mike Heiser (Lexham Press, Bellingham, WA), 2015.

Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Leer hoe om die volle potensiaal van jou Bybelstudie te ontsluit in hierdie gratis e-boek.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Supernatural Life

Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel belowe word. Hierdie 5-dag leesplan sal jou uitdaag om doelbewus te leef — en glo dat sy onsigbare hand in jou omstandighede besig is.

More

Ons wil Logos by Faithlife bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lexhampress.com/product/53263/supernatural-what-the-bible-teaches-about-the-unseen-world-and-why-it-matters