SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 32 VAN 43

Lees: Lukas 6:35

SOAP: Lukas 6:35

As ontvangers van genade, moet ons mense wees wat daarom genade teruggee. Dit is maklik om mense lief te hê wat van jou hou, om mooi dinge te doen vir mense wat jy weet die guns sal beantwoord, en om jou hulpbronne, geld of tyd te leen aan mense wat jou sal terugbetaal. Dit is baie moeiliker om te gee op die manier hoe God aan ons gegee het: met volle kennis van ons onvermoë om Hom te kan vergoed daarvoor.

Ons behandel ons verhoudings gereeld as transaksies. Ek gee 'n bietjie, ek kry 'n bietjie. As ek vriendelik is, verwag ek dat jy vriendelik sal wees. Dit is soos 'n saketransaksie, en ons wil 'n goeie belegging maak. Maar ons weet iets is verkeerd as ons logika in die hantering van mense dieselfde lyk as dié van die wêreld. Selfs mense wat nie God se genade ontvang het nie, behandel ander mense soos ventmasjiene: sit die regte kleingeld in en jy kry wat jy wou hê. Ons denkwyse en logika moet radikaal verskil: om onsself vryelik en vrygewig te gee is nie dwaas nie, maar verteenwoordigend van die genade wat ons ontvang het.

God, dankie dat U my gegee het wat ek nooit kan terugbetaal nie. Gee my geleenthede om daardie soort liefde vir die mense in my lewe te wys.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/