SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 28 VAN 43

Lees: 1 Samuel 16:7

SOAP: 1 Samuel 16:7

Ons gebruik baie maniere om die waarde van 'n persoon te bepaal: hul aantreklikheid, hul rykdom, hul krag, hoe aangenaam hulle is, en hoeveel goeie dade hulle doen. Ons kan maklik vasgevang word in die soeke na mense se goedkeuring, in plaas daarvan om opregte kwaliteite te kweek. Ons soek uiterlike tekens van ons waarde, nie innerlike veranderinge wat baie mense nie gaan beïndruk nie. God beoordeel mense egter nie op oppervlakkige voorkoms of goeie dade met verkeerde motiewe nie, maar op grond van hul harte.

God belowe nie dat ons in hierdie lewe uiterlike sukses sal hê nie, maar Hy belowe wel om ons harte te vernuwe - 'n veel groter genadegawe. Eerder as om uiterlike tekens van morele kwaliteite te soek, moet ons biddend en nederig die vernuwing en verlossing van ons harte soek.

God, dankie dat U nie kyk na ons uiterlike voorkoms nie, maar dat U die ware toestand van ons harte ken. Leer my om mense te sien soos U hulle sien en verander my in 'n persoon met 'n getroue hart, ongeag die omstandighede daar buite.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/