SaligsprekingeVoorbeeld
Lees: Matteus 23:25-27
SOAP: Matteus 23:25-26
Dit is maklik om die Fariseërs te veroordeel, maar ons is almal skynheilig. Ons wil 'n perfekte beeld aan die wêreld openbaar, maar ons is dikwels vol gierigheid, trots en selfgesentreerdheid. Ons glo die leuen dat ons onsself waardig sal bewys in God se oë as ons al die eksterne reëls volg: kerk toe gaan, die Skrif memoriseer, al die regte dinge sê, en deur alle regte gebare gaan. Maar God gee baie meer vir ons harte en ons motiewe om as die soort vertoning wat ons kan aanbied.
Ons kan nie toelaat dat die standaarde van ander mense die toestand van ons harte definieer nie. Ons moet die Here vra om ons van binne en buite skoon te maak. As ons slegs op soek was na self-help morele verbetering, sou ons dit redelik maklik self kon regkry. Maar wanneer niemand kyk nie, weet ons wat 'n morsige en gebroke plek ons harte is. Slegs God kan ons suiwer harte gee wat Hom bo alles soek.
Here, ek is sondig. Selfs as dit lyk asof ek al die rëels volg, weet ek dat U my sien soos ek regtig is. Dankie vir u geskenk van genade, sodat ek nie bang hoef te wees vir u kennis van my nie. Gee aan my ‘n suiwer hart, Here, en reinig my van my sondes.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |