Hantering Van AngsVoorbeeld

Dealing With Anxiety

DAG 6 VAN 7

Waarom laat God angs toe?

Dit is 'n goeie vraag. Ek wens ek het 'n goeie antwoord vir jou gehad. Ek kan bespiegel oor sommige redes waarom God angs dalk toelaat, maar dit sou almal net raaiskote wees. Dus, in plaas daarvan om die vraag te beantwoord oor hoekom God angs toelaat, wil ek kyk na wat God kan doen deur middel van ons angs. 

Ek hou van hierdie aanhaling: “Die teenwoordigheid van angs is onvermydelik, maar die gevangenis van angs is opsioneel.”

Soms kan die vraag "waarom" ons gefrustreerd, verlore en vasgevang laat. Waarom, vra jy dalk? (Sien jy wat ek daar gedoen het?) Omdat daar "hoekom" vrae is waarop ons nie die antwoord het nie. Laat ons dus verby “hoekom” beweeg en begin vra “wat” God deur middel van ons angs kan doen. 

Op dag 2 van hierdie leesplan het ek 'n bietjie inligting gedeel oor die ervaring met angs wat ek en my vrou gehad het. Ek kan jou vertel dat daar in die proses baie “hoekom” vrae was. Byvoorbeeld: "Waarom sou U dit met ons laat gebeur? Ons is albei lief vir U en dien U die beste wat ons kan. Ons bid en bid vir genesing daarvan. Waarom beantwoord U nie ons gebede nie? Ons doen die nodige, en die angs het nog nie verdwyn nie. Waarom word ons nog steeds deur hierdie angs geteister?” 

Daardie vrae het net tot meer frustrasie gelei en bitterheid het ons oorval. Toe ons egter die volgende vraag begin vra: "God, wat doen U hiermee?" het ons 'n paar oulike goed begin sien wat ons waarskynlik andersins sou miskyk. Ons het begin sien dat God die ongemak van angs gebruik om ons nader aan mekaar en nader aan Hom te bring. Ek en my vrou moes leer hoe om effektief met mekaar te kommunikeer, mekaar nederig te dien en mekaar te ondersteun as een van ons sukkel. Ons het ook gevind dat ons met meer eerlikheid en passie as ooit tevore tot God bid. 

Ons het die waarheid begin ervaar dat wat ons nie doodmaak nie, ons sterker gemaak het. Ons geloof het sterker geword, ons harte het groter geword en in ons verhouding het ons nader aanmekaar gegroei. 

"Die teenwoordigheid van angs is onvermydelik, maar die gevangenis van angs is opsioneel." 

Wanneer jy voel of jy in 'n tronk is, is dit regtig maklik om so gefokus te wees op die mure rondom jou, dat jy mis wat God in jou doen. 

Paulus is iemand wat die uitdagings van gevangenisskap goed geken het. Jy vra dalk, hoe? Wel, omdat hy letterlik jare opgesluit en in die tronk gesit het weens sy geloof in Jesus. Wat so kragtig is omtrent die besonderhede in die verhaal, is dat dit Paulus in staat stel om empatie met ons te hê as ons voel dat ons deur angs vasgevang is. Hy het dit ook gevoel. Hy het dit ervaar. Hy het dit beleef. As gevolg daarvan, hoor ons wanneer ons sy woorde lees nie net iemand wat al die antwoorde het nie, maar iemand wat werklik empatie met ons kan hê. 

Uitdaging: Begin die vraag te vra: "Vader God, wat probeer U deur middel van my angs doen?"  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dealing With Anxiety

Angs dreineer jou. Ongelukkig is angs 'n werklikheid waarmee ons leef. Hierdie plan is bedoel om jou te help om te verstaan dat jy nie alleen is nie, dat daar hoop is, en dat God wil hê dat jy vrede moet hê. Vir die volgende sewe dae reis ons deur die Bybel om te ontdek hoe ons met angs kan saamleef en moontlik verligting en vrede te midde daarvan kan vind.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/