Inleiding Tot Die TabernakelstudiesVoorbeeld

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

DAG 10 VAN 10

MOSES SE TENT VAN SAMEKOMS

Exodus 33:7-11 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.

Die tent was so genoem omdat Moses die tabernakel, wat opgerig moes word, in gedagte gehad het. Hierdie tent buite die laer, was die plek waar God en Moses bymekaar gekom het vir bykans ‘n jaar lank, voordat die tabernakel opgerig was. Die tabernakel wat later opgerig is, was in die middel van die kamp 

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/