Dade van BekeringVoorbeeld
Aan watter kant is jy? Jesus vra hierdie vraag in Lukas 13:1-8. Is jy aan die regte of die verkeerde kant? Die regte kant lei tot die ewige lewe, terwyl die verkeerde kant na vernietiging lei. Jesus se boodskap is eenvoudig: jy hoef jou slegs te bekeer van jou sonde om 'n nuwe lewe te hê. Indien jy jou nie bekeer nie, sal jy verlore gaan. God se begeerte is nie om ons te vernietig nie, maar Hy het ons lief en wil graag hê dat ons vrug moet dra. Watter vrug bring jy nou in jou lewe voort? Watter sonde moet jy bely om die tipe vrug te kan dra wat God verlang?
Aangaande hierdie leesplan
Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church