Dade van BekeringVoorbeeld

Acts of Repentance

DAG 5 VAN 5

God het sy Seun na die aarde gestuur met slegs een doel voor oë: om ons nuwe lewe te gee. In Lukas 5:31-32 verwoord Jesus sy sending as volg: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.” Christus het gekom sodat sondaars, soos jy en ek, nuwe lewe kan ontvang deur bekering en sy vergifnis kan bekom. Christus se sending is ook ons sending. Ons is nie geroep om vir die regverdiges te preek nie, maar vir diegene wat verlore is en 'n behoefte het aan vergifnis. Indien jy opreg jou sonde bely het en God jou vir daardie sonde vergewe het, kan jy daardie verhaal aan almal verkondig wat bekering nodig het. Die verandering in jou lewe kan ook verandering in die lewe van ander meebring. Wie ken jy wat bekering nodig het en God se vergifnis moet ontvang? Hoe kan jou verhaal van God se vergifnis iemand anders help om tot bekering te kom?
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Acts of Repentance

Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church