Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 5 VAN 7

"Nuwe Identiteit"

Deur Jesus verkry ons die reg om kinders van God te wees. Die ongelooflike nuus is dat God nou dieselfde oor ons sê as wat Hy oor Jesus gesê het. Gereed hiervoor? Hier is dit: “Jy is my Seun. Ek het Jou lief en Jy maak My bly” (Markus 1:11 DB).

Vanweë Jesus sê God nou dieselfde oor ons as wat Hy oor Jesus gesê het. In hierdie stelling is God se bevestiging opgevang vir almal van ons wat voel ons identiteit het tekortkominge – daardie diep verlange na samehorigheid, liefde en aanvaarding. Let op na die drie elemente in hierdie uitsonderlike belofte:

1. Jy is my seun ...

Wanneer God sê, “Jy is my seun,” vereenselwig Hy Homself met ons. Hy sê dat Hy met ons geassosieer wil word; dat ons bymekaar hoort.

Punt nommer een van hierdie nuwe identiteit is dat God verheug is om met ons geassosieer te word. Hy sê: “Ja, dit is my dogter; dit is my seun.” Hy doen nooit afstand van ons as ons sy kinders geword het nie. Dit is nogal vleiend as ons dink aan hoe verkeerd ons partymaal optree!

2. Vir wie Ek lief is …

Somtyds is dit so in 'n gesinsverhouding dat ons nie juis altyd van mekaar hou nie, wat nog te sê liefhet. As daar 'n gesinslid is van wie jy nie hou nie, voel jy dalk: "Ja, ek moet erken dat hy my broer is, maar ek hou nie van hom nie."

God tree egter nie só op nie. Hy sê: "Ja, dit is my seun," maar Hy verklaar ook: “Ek is lief vir hierdie seun. Hy het my liefde. My hart is by hom en dit is vir hom.”

3. Met jou is Ek ingenome.

God sit die kersie op die koek met hierdie stelling en belofte: “Ek is so verheug oor jou.” God, wat die sterre gemaak het, sê dat Hy trots is op jou. Nie op sommer enigeen nie – maar op jou.

Soos wat ons met verloop van tyd God se hart vir ons leer verstaan, word ons tekortkominge vervang met God se bevestiging van sy liefde vir ons. Al die dinge wat ons voorheen gedoen het om belangrik te wees, om belangrik te voel, om bewonder te word of om hoog aangeskrewe te wees – nou het ons 'n antwoord. Nie deur mense nie, nie deur materiële dinge wat nie ons behoeftes kan vervul nie en ook nie deur titels en posisies nie ... maar wél deur God.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

More

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/