Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 1 VAN 7

"Reëls teenoor Verhouding"

As jy 'n vinnige soektog doen na die definisie van Christenskap, sal jy heel moontlik iets soos "volg die leringe van Jesus" vind. Dit is waar – Christenskap behels die volg van Jesus se leringe. Die probleem is meeste mense draai die idee van "volg Jesus" na "volg reëls" – en dit is nie die punt nie.

Die verhaal van die Bybel maak dit duidelik dat die punt daarvan om Jesus te ken, is 'n verhouding en nie reëls nie. Soos jy begin om te ontdek wat God ons vertel omtrent Homself deur die Bybel, sal jy vind dat dit die belangrikste is om 'n liefdevolle, toegewyde verhouding met Hom te hê.

Om dus te sê dat die hoof idee van Christenskap is om leerpunte te volg, dieselfde is as om te sê die hoofdoel van 'n huwelik is om huishoudelike rekeninge te deel. Nie presies waarvoor ons hoop in 'n groot liefdesstorie nie!

Die perspektief van reëls teenoor verhouding is 'n groot verdeling wat Christenskap van ander gelowe onderskei. Waar die meeste gelowe leer dat dit die beste weg is om "goed" te wees deur vereiste pligte en rigiede oortuigings, begin Christenskap vanuit 'n heel ander plek.

Vanaf die vroegste tye was Jesus se volgelinge nie bekend daarvoor dat hulle "wees goed" reëls gevolg het nie. Wat uitstaan – die ding wat die moeite werd is om te noem – was die blote realiteit dat hulle “saam met Jesus was” (Handelinge 4:13 AFR20). Nie dat hulle Jesus erken het nie, nie dat hulle die gedragssisteem van Jesus gevolg het nie, maar dat hulle "saam" met Hom was.

Om saam met Jesus te wees, was wat hulle transformeer het, van wat die Bybel noem "ongeleerde en eenvoudige mense" na moedige en dapper leiers. Dit is dieselfde realiteit wat Jesus ons bied wanneer Hy ons nooi om in 'n verhouding "met Hom te wees.”

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

More

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/