Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld
![Beginning A Relationship With Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1594%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"Die Regte Kaptein"
Een manier om Jesus te beskryf is as 'n redder op 'n reddingsmissie. Jesus sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe." Hy sê nie: “Ek is 'n weg en 'n waarheid en 'n lewe.”
Ons vraag aan Hom is dieselfde as ons vrae aan die kaptein van die vliegtuig of die boot waarop ons is, want ons wil weet. "Is U regtig die kaptein (die Seun van God)?"
Soos die lewe verloop, ontwikkel baie van ons 'n gebrek aan belangstelling jeens hierdie vraag. Die meeste van ons voel gemaklik deur net 'n sitplek met genoeg beenspasie op die vliegtuig te probeer kry. Die meeste besef nie hoe sterflik ons is met dieselfde soort intensiteit waarmee ons dit op 'n sinkende skip sou voel nie. Om genoeg vertroue te hê in die kaptein is die groot vraag in beide vergelykings.
Op die skip is dit jou geloof (of ongeloof) in die kaptein wat die verskil maak. Dieselfde met Jesus. As dit 'n reddingsmissie is, is ons minder geneig om te sê: "Ek kan gaan waar ook al ék wil." Ja, jy kan as jy wil, maar as Hy regtig die kaptein is, die Een wat al die nuanses van die menslike bestaan ken, dan ken Hy regtig die weg.
Of, as jy miskien begin ondersoek instel om te sien wat die Bybel oor Jesus sê, dan begin jy jouself die vraag afvra: "Glo ek dat Hy die weg ken?"
As jy hierdie leesplan lees, het jy (of dalk nie) by die punt gekom waar jy JA sê vir hierdie vraag nie. Of miskien het jy gesê: "Ja, ek glo, maar ek het steeds vrae." As dit jy is, is ons met jou en is ons vir jou. Hou aan vrae vra. Goeie vrae is hoe ons groei. Twyfel en onsekerheid is nie ongewoon nie.
Kom ons sê jy stem saam dat Jesus die weg ken. As dit waar is, is die eerste vraag wat jy mag hê: "Wat moet ek doen om daardie weg te volg?"
Dit is waar Jesus ons verras. Hy sê nie: "Volg dít nie." Hy sê: "Volg My." Die kaptein van die passasierskip het ons nie na die seekaart verwys nie, Hy het ons na homself gewys. Jesus wys ook na Homself en Hy nooi ons om met Hom 'n verbintenis te maak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Beginning A Relationship With Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1594%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.
More
Verwante Leesplanne
![Hoe Om Terug Te Keer Na God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1677%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Om Terug Te Keer Na God
![Glo God Is Goed — Ongeag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1930%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Glo God Is Goed — Ongeag
![Besluiteloos?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2898%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Besluiteloos?
![Om na God te Luister](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1763%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om na God te Luister
![Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11397%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God
![Streef Na Vrede](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3438%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Streef Na Vrede
![Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12737%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie
![God Se Plan Vir Jou Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11674%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
God Se Plan Vir Jou Lewe
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)