Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 11 VAN 12

Bid vir Vrede in Jerusalem

"Bid dat Jerusalem vrede mag hê" is waarskynlik van die bekendste reëls in Psalm 122:6a. Hierdie woorde is in liedere geskryf; en as 'n gebed deur miljoene mense regoor die wêreld gebid. Die meeste van ons begryp hoé ernstig Jerusalem — 'n woord wat uit shalom, vrede afgelei is — ons gebede vir vrede nodig het, iets wat die stad reeds vir meer as 2 000 jaar ontwyk het. 

Nietemin, wat baie mense nie besef nie, is dat, wanneer ons vir Jerusalem bid, bid ons eintlik vir onsself. 

Daar word gesê dat wat ook al in Israel gebeur, die lot van die wêreld bepaal. Israel is maar 1,8% die grootte van Suid-Afrika en sy bevolking is minder as 2% van die mensdom. Tog maak Israel bykans daagliks nuusopslae regoor die wêreld. Dit is omdat Israel die middelpunt van die oorlog tussen goed en kwaad, vrede en terreur is. Wat ook al in Jerusalem gebeur, het ongetwyfeld 'n uitwerking op die res van die wêreld. 

Op 'n stadium het terreuraanvalle hoofsaaklik in Israel plaasgevind. Israelse kafees, openbare vervoer en openbare gebiede was hoofsaaklik die teiken van selfdood bom- en ander terreuraanvalle. Ongelukkig, soos ons mettertyd agtergekom het, het terreur regoor die wêreld versprei. Solank Israel in oorlog betrokke is, sal die res van die wêreld die uitwerking daarvan ervaar. 

Geestelik gesproke maak dit sin. Joodse tradisie bepaal toe God die wêreld geskep het, het die skepping in Jerusalem begin. Dit is waar alles begin het en ook waar alles 'n klimaks sal bereik. Die berg Moria in Jerusalem is die plek wat Jakob "die huis van God; dit is die poort van die hemel" (Genesis 28:17) genoem het. Joodse wyses beskryf Jerusalem as die hart van die wêreld — en 'n liggaam is net so gesond soos sy hart is.

Dit is hoekom die volgende woorde in Psalm 122:6b is: "... dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon." Onderwyl ons dus gedink het wanneer ons vir Jerusalem bid, ons die Israeliete 'n guns bewys, is die waarheid egter dat ons dan onsself help. Diegene wat Jerusalem liefhet en vir haar vrede bid, bring vrede en veiligheid na hulself. Slegs wanneer Jerusalem veilig is, kan ons hoop om ons eie veiligheid te vind.

Jerusalem het ons gebede nou nodiger as ooit tevore. Kom ons verhef ons stemme en vra God om shalom aan sy heilige stad te bring, en mag ons dan verdien om te sien hoe Hy shalom aan die hele wêreld bring.

Trapklip 11: Bid vir vrede. Gebed is een van die doeltreffendste "wapens" wanneer dit daarby kom om vir vrede te veg. Bid elke dag vir vrede in die wêreld en bid spesifiek vir vrede in Jerusalem. Jerusalem is die hart van die wêreld en as ons ons eie harte genees, sal die res van ons liggame volg. Wanneer daar shalom in Jerusalem is, sal daar shalom in die wêreld ook wees. 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om die goeie in die ander te sien, en dan nie slegs om langs mekaar te woon nie, maar tussen mekaar ter wille van 'n hoër doel. Hierdie leesplan verken 12 verskillende "trapklippe" wat ons kan lei om shalom in ons lewens te bereik.

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online