Ondenkbare Verlossing: God Se Teenwoordigheid In Miskraam En OnvrugbaarheidVoorbeeld

Inconceivable Redemption: God's Presence In Miscarriage And Infertility

DAG 8 VAN 8

'n Seën

Ek skryf hierdie oordenking jare na my miskraam. My reis na bevryding was stadig, pynlik en gevul met tydperke van afvalligheid. Daar was baie pogings van my kant af om weer beheer oor my verhaal te kry. Moenie verwag om alles oor te gee en bevryding te vind bloot omdat jy klaar is met die laaste dag van hierdie leesplan nie. Onthou, God het sy eie tyd; vertrou dat Hy weet wanneer om elke deel van jou verhaal te skryf.

Terwyl jy deur die moeilike tyd gaan om jou hartseer te verwerk, het ek vir jou die volgende gebed, my dierbare vriendin.

Ek bid dat God se teenwoordigheid so tasbaar sal wees in jou hartseer dat jy sy arms om jou sal voel.

Ek bid God se genade oor jou wanneer jy emosionele onstabiliteit ervaar en vertroue in jou waardigheid verloor.

Ek bid dat die waarheid van God in jou hart en siel teenwoordig sal wees wanneer jy die geestelike vrae moet hanteer waarvoor jy te staan kom, en dat sy Woord lewendig en aktief in jou lewe sal wees.

Ek bid dat sy getrouheid jou tot verbasing toe sal oorweldig en jou in verwondering en aanbidding sal bring.

Ek bid dat die almag van God alle vrees sal verdryf, en dat Hy betroubaar sal wees in die donkerste ure.

Ek bid dat sy bevryding jou lewe op 'n intieme, persoonlike wyse sal aanraak en jy sal hoor hoe God in jou gebroke hart fluister: "Ek maak alles nuut!"

Ek bid dat die verhaal wat God in jou lewe skryf, so mooi sal wees dat jy nie sal kan wag om God se heerlikheid en eer met ander te deel nie.

Ek bid dat sy proses van genesing so merkwaardig sal wees dat jy Hom eendag sal kan bedank vir jou verlies. 

Ek weet dat my verwagtinge vir God se werk in jou lewe groot is. Op die oomblik dink jy miskien dat dit onmoontlik is. Ek het dieselfde gedink. Ek verseker jou dat dit moontlik is. Selfs my dapper gebede vir jou kan nie God se planne vir jou saamvat nie! Die goedheid van God se verlossing is ondenkbaar.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Inconceivable Redemption: God's Presence In Miscarriage And Infertility

Ervaar jy die pyn en hartseer van swangerskapsverlies? Kom ons stap deur die vele emosies, vra die moeilike vrae en soek Bybelse antwoorde. God se ondenkbare verlossing is nie net móóntlik in die donkerste oomblikke nie, maar dán ook baie duidelik en verrassend.

More

Ons wil graag vir Erin Greneaux en haar boek "Inconceivable Redemption: God's Presence in Miscarriage and Infertility" bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek gerus: http://www.greneauxgardens.com