Die Reise Van Die VerbondsarkVoorbeeld
100 n.C.
Voorts lees ons in die boek Openbaring dat die apostel Johannes skryf:
En die tempel van God het in die hemel oopgegaan en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael (Op. 11:19).
Ten slotte lees ons wanneer die nuwe hemel en die nuwe aarde aanbreek en die nuwe Jerusalem van God uit die hemel neerdaal:
En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam (Op 21:22).
Vir meer inligting en studies oor die boeke van die Bybel, besoek Raymond Lombard Ministries.
Aangaande hierdie leesplan
Die verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Die reise van die ark kan in twee dele beskryf word: vanaf berg Sinai tot in die land Kanaän; en vanaf sy aankoms in die land Kanaän tot by sy rusplek in die tempel in Jerusalem.
More
Ons bedank Raymond D. Lombard Ministries vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.raymondlombard.com/