Die Reise Van Die VerbondsarkVoorbeeld

Die Reise Van Die Verbondsark

DAG 4 VAN 6

600– 586 v.C.

Die Babiloniërs dra die voorwerpe weg uit die tempel van die Here en verwoes en verbrand die tempel. Voordat die Babiloniërs die tempel in 586 v.C. finaal verwoes en verbrand het, het hulle die tempel eers geplunder en die heilige voorwerpe verwyder (2 Kron 36:18). 

Die verbondsark is óf deur die Babiloniërs geneem en vernietig óf deur die priesters en Leviete weggesteek. Die ark se bestaan of waar dit in bewaring gehou word, bly tot vandag ’n verborgenheid.

Die profeet Jeremia skrywe dat daar nie aan die verbondsark van die Here gedink en dit nie gesoek sal word en nie weer gemaak sal word nie. Dit sal deur die teenwoordigheid van die Here vervang word (Jer 3:16-17).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Reise Van Die Verbondsark

Die verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Die reise van die ark kan in twee dele beskryf word: vanaf berg Sinai tot in die land Kanaän; en vanaf sy aankoms in die land Kanaän tot by sy rusplek in die tempel in Jerusalem.

More

Ons bedank Raymond D. Lombard Ministries vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.raymondlombard.com/