Goddelike TydsbestuurVoorbeeld
Om Ander Met Jou Tyd Lief Te Hê
Om ander lief te hê is die hoogste vorm en een van die beste maniere om ons tyd aan te wend. Dit is ook 'n belangrike deel van hoe ons wys dat ons Christus se volgelinge is.
Johannes 13:35 (NLV) stel dit so: "As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is."
Ongelukkig demonstreer ons as Christene, nie altyd ons verhouding met Christus in ons verhouding met ander nie.
Vandag is egter 'n nuwe dag en jy kan besluit om ander nou dadelik met jou tyd lief te hê. Twee kragtige maniere om dit te doen, is deur vrede te maak en deur jou vinger ... na jouself te wys.
In Romeine 12:18 (NLV) staan: "Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense." Spreuke 15:1 (NLV) dui aan: "'n Vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere, 'n dwars antwoord laat woede opspring."
'n Groot deel van ons optrede as vredemakers, lê in hoe ons ons woorde gebruik. Gebruik ons 'n aanvallende toon wanneer ons praat of kommunikeer ons ons gedagtes op 'n respekvolle manier? Verwag ons die beste van mense of verwag ons die slegste? Ons kan kies om beheer te neem oor hoe ons dink en hoe ons kommunikeer, sodat ons teenwoordigheid vrede teweegbring, selfs in situasies wat met twis vervul is.
Ons kan ander ook liefhê deur te kies om die vinger na onsself te wys, eerder as om die vinger na ander te wys wanneer iemand se woorde of optrede ons ontstel. Ander mense mag dalk iets doen wat onvriendelik of selfs verkeerd is. Ons sterk negatiewe reaksie op hulle optrede, het egter tipies te doen met 'n seer of 'n leuen in ons, net soveel as wat dit met hulle te doen het.
Matteus 7:3 (NLV) sê: "En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie?"
'n Besondere manier waarop jy ander met jou tyd kan liefhê, is deur rustig te word, en na binne te kyk: Identifiseer presies wat gebeur het. Vra jouself hoekom dit jou ontstel het. Toon berou en vergewe. Vra God vir genesing. Indien gepas, praat dan met die ander persoon.
Hierdie optredes verg tyd en baie selfbeheersing, maar dit lei ons om 'n krag te wees tot Christus se liefde en vrede, in plaas van 'n krag tot vernietiging, selfs te midde van moeilike omstandighede.
Aangaande hierdie leesplan
Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd vertrou. In hierdie 6-dag leesplan sal jy leer hoe 'n Godgesentreerde benadering tot tydsbestuur daartoe lei dat jy alle goeie dinge wat Hy vir jou wil gee, insluitend sy vreugde en vrede, kan ontvang.
More