Goddelike TydsbestuurVoorbeeld
Leef Vanuit Identiteit, Nie Vir Identiteit Nie
Wie ons glo ons is, bepaal wat ons doen en hoe ons voel oor wat ons doen. God wil hê dat ons ons tyd vanuit 'n plek van identiteit gebruik in plaas van vir identiteit, sodat ons heeltemal geborge in Hom kan wees.
Dit vereis dat ons die volgende skuiwe van ingesteldheid in verhouding tot ons identiteit moet maak:
- Onseker teenoor seker
- Uiterlik teenoor innerlik
- Relatief teenoor absoluut
Die leuen van die wêreld is, dat ons identiteit onseker is en op enige oomblik verlore kan raak of verander. Die waarheid uit die Woord van God is dat ons identiteit in Christus seker is. Galasiërs 3:26 (NLV) stel dit so: "Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo."
Die leuen van wêreld is dat die uiterlike ons identiteit bepaal — hoe ons lyk, wat ons besit of watter amp ons beklee. Die Bybel se waarheid is egter: wat ons innerlik in Christus besit, is wat werklik saak maak. Kolossense 3:12 (NLV) leer ons dat ons innerlike karakter ons uiterlike versiering moet wees: "Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld."
Die leuen van die wêreld is dat ons identiteit bepaal word deur vergelykings, of ons "beter" of "slegter" is as die mense om ons. Die waarheid van die Skrif is egter dat ons identiteit absoluut is en dat aardse beoordelings en vergelykings vir God niks beteken nie. Filippense 2:3-4 (NLV) stel dit so: "Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees — één in liefde, één in hart en één in doel. Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie, Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself."
Terwyl jy daaroor dink hoe jy jou tyd deurbring, het jy in die strik getrap om te dink dat jou identiteit onseker, uiterlik of relatief is?
Indien dit wel so is, hoe kan jy begin om anders te dink oor jou identiteit en hoe om keuses te maak oor jou tyd, vanuit 'n plek van geborgenheid in God?
Aangaande hierdie leesplan
Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd vertrou. In hierdie 6-dag leesplan sal jy leer hoe 'n Godgesentreerde benadering tot tydsbestuur daartoe lei dat jy alle goeie dinge wat Hy vir jou wil gee, insluitend sy vreugde en vrede, kan ontvang.
More