Om na God te LuisterVoorbeeld
Om In God Se Teenwoordigheid Te Sit
In vandag se les wil ons graag soveel as moontlik van die begrippe saamvoeg wat in vorige oordenkings behandel is, sodat ons 'n tyd kan afsonder waar ons stapsgewys van God kan hoor. Hierdie proses word meditasie genoem, of soos ek dit noem: om voor die Here te sit.
Daar is 5 basiese stappe in hierdie proses:
1. Om tyd te maak — Meditasie vereis 'n bepaalde afgesonderde tyd. Ek raai jou aan om hieroor te dink as 'n tydsduur. Die spesifieke tydsduur sal bepaal word deur jou doel en ingesteldheid wanneer jy voor die Here kom. Jou doel moet wees om met toegewyde denke na die Here te luister; jou gedagtes moenie geslote, beneweld of in 'n warboel wees nie.
2. Om voor die Here stil te raak — Vestig jou gedagtes op die Here. Ware stilte voor die Vader, behels 'n ontspanne gevoel en algehele gemak in sy teenwoordigheid.
3. Om God se goedheid te onthou — Terwyl jy voor die Here stil word, dink na oor die goedheid van God. Oordink jou verlede en onthou al die tye toe Hy jou beskerm het, voorsien het, geseën het en vir jou gesorg het. Dink na oor die Here self: sy grootheid, genade en goedheid. Onthou al die beloftes in sy Woord aan almal wat in Hom glo en op Hom vertrou.
4. Om 'n versoek te rig — Hoeveel meer betekenisvol is dit nie as ons 'n versoek aan die Here rig nadat ons met toegewyde denke en hart in sy teenwoordigheid gekom het nie. Nadat al die hindernisse van sonde en verkeerde begrippe verwyder is wat ons daarvan kan weerhou om Hom duidelik te hoor. Maak jou versoek so eenvoudig as moontlik bekend en vra spesifiek wat jy wil hê Hy vir, in en deur jou moet doen.
5. Om ons wil aan God s'n te onderwerp — Terwyl jy jou versoek rig, wees bewus van enige trots in jou hart en vra God om dit weg te neem. Wees bewus van enige twyfel of ongeloof in God se vermoë of begeerte om die versoek te beantwoord. Wees bedag op antwoorde van God wat jy dalk wil verwerp voor Hy nog met jou gepraat het. Vra Hom om jou met jou geloof te help. Bid dat Hy jou 'n helder verstand, sonder benewelde en onnodige gedagtes sal gee. Sit dan voor Hom en wag vir sy antwoord.
Wanneer ons voor die Here sit en nadink oor die waarheid wat Hy aan ons geopenbaar het, sien ons dinge vanuit 'n ander perspektief. Die dinge val weg wat voorheen ons denke gevul het. Nuwe gedagtes kom by ons op. Ons voel sterker en beter toegerus om die lewe te hanteer. Psalm 36:10 (NLV) stel dit so: "... in u lig sien ons die lig." Daar is iets besonders daaraan as God sy lig op iets laat skyn en ons die waarheid helder kan raaksien.
Die apostel Paulus het gebid dat God die gemeente in Efese "... wysheid gee en Hom so aan [hulle] openbaar dat [hulle] Hom werklik kan ken" (Efesiërs 1:17). Paulus het gesê: [Hy, Paulus] bid dat "[God hulle] geestesoë so verhelder dat [hulle] kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo ..." (Efesiërs 1:18-19).
Wat 'n wonderlike ervaring is dit nie! Niks sal vir ons onmoontlik lyk nie as ons die Here in gebed soek, op Hom wag en aandagtig luister wanneer Hy met ons praat. As ons dit doen, sal ons na die tyd hernude hoop hê en 'n gewaarwording van alles wat Hy vir ons het. Ons sal ook die versekering hê Hy kan en wil met krag optree om alles te laat gebeur wat Hy gesê het.
Om meer te leer oor hoe jy 'n dieper verhouding met God deur gebed kan beleef, en aktief na sy stem kan luister, klik=intouch.org/reading-plans".
Aangaande hierdie leesplan
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem van die misleiding en verdraaiings van die vyand onderskei? Sluit aan by Dr. Charles Stanley wat jou gaan leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.
More