Om na God te LuisterVoorbeeld
Ons Ontvanklikheid Om Te Hoor
Wat jy van God hoor, word deels bepaal deur die houding wat jy inneem wanneer jy in gesprek met Hom is. Ons gesindheid wanneer ons met God in gesprek is, word beïnvloed deur die volgende dinge:
. Ons vorige verhouding met God — Elkeen van ons het 'n geskiedenis met God wat alreeds voor geboorte begin het (Jeremia 1:5). Hy het bestem dat ons op die aarde moet wees, en Hy het 'n plan en doel vir ons, alhoewel ons dalk nie eens daarvan bewus is nie. Nietemin, totdat 'n persoon vir Jesus Christus deur geloof as sy persoonlike Verlosser aangeneem het, sal hy nie in staat wees om God te hoor praat oor enige ander onderwerp as verlossing nie. As jy sukkel om God te hoor, moet jy jou verhouding met Hom weer evalueer. Hy word nie gemotiveer om met enigeen van ons te praat op grond van ons goeie dade of ons behoeftes nie. Hy is gemotiveer om met ons te praat omdat Hy 'n verhouding met ons het.
. Ons begrip van God — Wat ons hoor word beïnvloed deur ons begrip van wie God is. Byvoorbeeld: beskou jy God as 'n liefdevolle of veeleisende Vader? 'n Intieme of verlangse Vriend? 'n Geduldige of 'n onverdraagsame Onderwyser? 'n Vriendelike of kwaai Gids? 'n Vrygewige of teensinnige Voorsiener? Sien jy Hom as vol begrip of onsensitief? As jy sukkel om God as liefdevol, geduldig, vriendelik, vrygewig of vol begrip te ervaar, sal dit bepaal wat en hoe jy van Hom hoor.
. Ons houding teenoor God — Wanneer ons tot God nader, moet ons onsself aan Hom en sy wil vir ons lewens onderwerp (Jakobus 4:7). Ons moet vertrou dat Hy slegs dit sal doen wat die beste en die regte ding vir ons is. Ons moet met 'n dankbare hart voor Hom kom vir alles wat Hy vir ons gedoen het en in die toekoms vir ons sal doen.
Deur in die regte verhouding met die Vader te wees, begrip te hê vir wie Hy is, en Hom in nederigheid en eerbied te nader, plaas ons onsself in die regte posisie om nie net aktief te kan hoor wat Hy vir ons wil sê nie, maar ook om sy waarheid in ons lewens toe te pas.
Aangaande hierdie leesplan
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem van die misleiding en verdraaiings van die vyand onderskei? Sluit aan by Dr. Charles Stanley wat jou gaan leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.
More