Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina SmitVoorbeeld
Jou manier van leef bepaal jou geluk!
Wetenskaplikes ontdek al hoe meer watter geweldige invloed die dinge wat ’n mens dink op jou hele lewe het. Een van die boeke wat my eie lewe die meeste beïnvloed het, is dr. Caroline Leaf se Maak ’n kopskuif. In hierdie boek verduidelik sy presies hoe ’n mens se brein werk en kom sy tot die ongelooflike gevolgtrekking dat die blote manier waarop ’n mens dink, jou brein kan vernuwe.
Die Suid-Afrikaans-gebore dr. Leaf is nie net ’n briljante wetenskaplike nie, maar ook ’n toegewyde Christen wat elkeen van haar gevolgtrekkings op die Bybel fundeer. Dit was vir my ’n openbaring hoe teksverse wat duisende jare gelede neergepen is, presies ooreenstem met die jongste brein-navorsing!
Dis is dus onnodig dat ’n mens al hoe meer vergeetagtig raak as jy ouer word. Dr. Leaf bewys met haar navorsing dat die agteruitgang in jou brein die direkte uitwerking is van jou eie negatiewe (toksiese) denke.
Deur positief te dink kan jy jou brein vernuwe en dit weer laat funksioneer soos toe jy jonk was! Met dr. Leaf se reeks oefeninge kon ek dit regkry om my eie negatiewe gedagtes oor myself, ons land en die wêreld na positiewes om te skakel. Die gevolge hiervan was voorwaar dieselfde as Paulus se gevolgtrekking dat iemand wat in Christus is, ’n “nuwe mens” is (sien Kolossense 3:10 en Efesiërs 4:24).
Weier dus om langer toe te laat dat jou eie negatiewe gedagtes jou hele lewe negatief beïnvloed en boonop jou brein aftakel. Dink van nou af positief!
Gebed
Hemelse Vader, ek sidder as ek dink watter groot skade my negatiewe gedagtes reeds in my eie brein aangerig het. Vergewe my en laat my manier van lewe van vandag af ooreenstem met u wil en u Woord. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag-leesplan oor vreugde sal lesers verseker dat God hulle baie liefhet. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vreugde, angs en vertroue in God), en eindig met ’n gebed en ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Wanneer vreugde my ontwyk”.
More
Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.struikchristianmedia.co.za/