Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

DAG 5 VAN 7

WAT SÊ JY?

Sy loop die ekstra myl om Goedhartig en Mooi te wees.

UITEENSETTING: Ek het nog altyd my vriendin Myshel, bewonder. Sy is nie net 'n pragtige vrou afkomstig van Ghana nie, maar is altyd so goedhartig in haar reaksie teenoor mense. Ek hou haar soms van 'n afstand af dop terwyl sy die sagste antwoorde in die moeilikste situasies bied. Ek is heeltemal die teenoorgestelde. My reaksies is amper ongenaakbaar, direk en verdedigend, my koue gebroke hart het toegelaat dat die wêreld my stroefheid en pyn laat ervaar. Myshel het weer 'n sagte hart ontwikkel en die wat haar teëkom het die geleentheid om dit te ervaar.

Op 'n dag het ek die moed bymekaar geskraap om te vra wat haar geheim is om so goedhartig en mooi op te tree. Haar reaksie het my beide skuldig gelaat en het my ook uitgedaag. Sy het aan my vertel dat sy elke oggend voor die wêreld om haar ontwaak, opstaan ​​om tyd saam met die Vader deur te bring. Sy sou dan met God praat, haar hart by Hom uitstort en Hy hervul dit met sy liefde. “Sy maak wol en vlas bymekaar.” Enigiets in die lewe wat die moeite werd is, is die moeite werd om na te soek. Alhoewel sommige dinge redelik maklik verkrygbaar is, verg ander dinge 'n bietjie meer tyd en moeite om te kry. Hoe graag wil jy jou beste na vore bring? Is jy bereid om die tyd en moeite af te staan om dit te kry, om diep daarvoor te delf en te soek?

Die Spreuke-vrou het wol en vlas bymekaar gemaak. Wol is 'n sagte tekstielstof en vlas is 'n pragtige blom. Beide wol en vlas is ook duur. Myshel het iets besit wat ek begeer het, maar ek moes bereid wees om te soek en soms die prys van ongemak te betaal om dit te kan kry. ’n Spreekwoordelike meisie is bereid om te soek en die prys te betaal om goedhartig en mooi teenoor die wêreld om haar op te tree, want sy weet dit is die moeite werd.

VADER, DIS EK!
Dit is my begeerte om beide goedhartig en mooi van binne en buite te wees. Help my om 'n sagter stemtoon te hê in my reaksie teenoor my vriende en gesin. Laat my lewe u prag en goedhartigheid weerspieël. In die Naam van Jesus. Amen.

LEEF DIT UIT:
Identifiseer waar jou reaksie nie goedhartig was nie. Oefen vandag om te dink voordat jy reageer. Maak dit jou doelwit om op 'n goedhartige en mooi manier te reageer, ongeag die situasie.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

Die Spreekwoordelike Meisie is gevul met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die wysheid in Spreuke 31. Skrywer Lisa McClendon-Brailsford, is jou "Ousus" vir die volgende sewe dae. Jy is nie alleen nie. Iemand bid vir jou en moedig jou aan gedurende hierdie leesplan. Vir die volledige uitgawe van die boek, kan jy afterthemusicstops.org. besoek.

More

Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/