Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld
WAT SÊ JY?
Jou resultate is onakkuraat as jy jouself teen die verkeerde ding meet.
UITEENSETTING: Sy is my niggie en is pragtig. Sy is nie net pragtig nie, maar het ook alles wat sy wil hê ... en alles wat ek wil hê. Ek onthou toe ek na haar huis toe gegaan het om te speel. Haar kamer was elke meisie se droom: pienk en wit met 'n pragtige hemelbed in die middel, en 'n Barbie-pophuis amper so groot soos my eie! Alhoewel dit lekker was om by haar te speel, het ek in die geheim my waarde en deugsaamheid gemeet aan haar skoonheid en die goed wat sy gehad het.
Waarteen meet jy jou waarde? Wanneer ons wil bepaal wie die langste is, gebruik ons 'n maatband. Wanneer ons die regte hoeveelheid vloeistof in 'n houer wil afmeet, gebruik ons 'n maatbeker. Wanneer ons wil kyk hoeveel gewig ons optel of verloor, gebruik ons 'n skaal. Hoe verspot sou dit wees om jou gewig met 'n eetlepel te meet, 'n glas water met 'n maatband of sout op 'n skaal? Nogal belaglik, nè?
“'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.” Haar deugsaamheid is bekend omdat haar waarde met die korrekte meetinstrument gemeet is. Ons kan nooit die regte waarde of deugsaamheid van enigiets vasstel as ons die waarde daarvan meet deur die verkeerde meetinstrument te gebruik nie.
'n Spreekwoordelike meisie meet nooit haar waarde aan mense of dinge volgens die uiterlike nie. Deur onsself aan ander dinge en mense te meet, lei tot 'n lae selfbeeld en laat ons onseker voel. ’n Spreekwoordelike meisie weet haar regte waarde kan slegs bepaal word wanneer sy dit meet aan die groot potensiaal wat die Vader reeds in haar geplaas het.
VADER, DIS EK!
Dankie dat U my as u beeld geskep het. Ek verstaan omdat ek as u beeld geskape is, ek van onskatbare waarde is. Leer my hoe om myself nie aan my vriende te meet nie, maar eerder my vriende en my eie waarde op prys te stel. In
die Naam van Jesus. Amen.
LEEF DIT UIT: Lees Galasiërs 5:22-23. Staan 'n oomblik af om te meet tot watter mate die vrug van die Gees in jou lewe is. Omkring die eienskappe wat jy nou het en onderstreep dié waaraan jy moet werk.

Aangaande hierdie leesplan
Die Spreekwoordelike Meisie is gevul met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die wysheid in Spreuke 31. Skrywer Lisa McClendon-Brailsford, is jou "Ousus" vir die volgende sewe dae. Jy is nie alleen nie. Iemand bid vir jou en moedig jou aan gedurende hierdie leesplan. Vir die volledige uitgawe van die boek, kan jy afterthemusicstops.org. besoek.
More
Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/