Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

DAG 3 VAN 7

WAT SÊ JY?

Kan God My vertrou?

UITEENSETTING: Wie is in jou span? Ons lewe is soos 'n span en ons is self die spankaptein. Ons het die geleentheid om ons span te bestuur; dit sluit die mense in wat ons daagliks teëkom — ons ouers, broers en susters, vriende, klasmaats, en ja, selfs ons onderwysers. God seën ons met verskillende soorte verhoudings en vertrou ons om dit goed te hanteer. Selfs wanneer mense kwetsend of irriterend is, soos kleiner boeties of sussies, verwag Hy van ons om hulle met liefde en vriendelikheid te hanteer.

Vra jouself nou hierdie vraag af: "Help ek my span of breek ek my span af?" Dit is maklik om die span te help wanneer dit voel jy word waardeer en dat jy die moeite werd is, maar daardie taak kan 'n bietjie uitdagender wees wanneer die span ons afbreek. Jesus is 'n goeie voorbeeld. God het Hom met 'n groot opdrag vertrou, en Christus het die grootste liefde betoon aan mense wat Hom nie liefgehad het nie. Hy was in staat om dit te doen omdat Hy God vertrou het.

“Haar man kan haar vertrou.” Vertroue is die sleutel tot hierdie wyse spreekwoord. Die manier waarop jy op die wêreld om jou reageer, wys hoe jy in die wêreld en deur die mense daarin vertrou kan word. God kan haar vertrou omdat Hy weet sy kan Hom vertrou om haar in elke situasie te beskerm; selfs in pynlike verhoudings.

God kan 'n spreekwoordelike meisie vertrou om verhoudings wat Hy haar gee, behoorlik te bestuur. Sy verseker dat almal gewaardeer en die moeite werd voel, net soos God die Vader ons laat voel. Soos God jou kan vertrou met die verhoudinge waarin jy is, sal Hy jou vertrou om jou meer verhoudings te gee om beide goed te bestuur en vir ewig te koester.

VADER, DIS EK!
Ek wil iemand wees wat U kan vertrou. Leer my dus om te vertrou dat U my nie in enige verhouding sal plaas wat my nie uiteindelik sal help om te groei nie.

Wys my hoe om mense te identifiseer wat U in my lewe wil hê en hoe om hulle reg te bestuur, selfs wanneer dit voel of ek dinge verkeerd aanpak. In die Naam van Jesus. Amen.

LEEF DIT UIT:
Watter verhouding in jou lewe is die grootste uitdaging? Hoe kan hierdie uitdaging jou help om in liefde te groei?
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

Die Spreekwoordelike Meisie is met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale gevul wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die wysheid in Spreuke 31. Skrywer Lisa McClendon-Brailsford, is jou "Ousus" vir die volgende sewe dae. Jy is nie alleen nie. Iemand bid vir jou en moedig jou aan terwyl jy hierdie leesplan voltooi. Vir die volledige uitgawe van die boek, kan jy afterthemusicstops.org besoek.

More

Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/