Die Verhaal van PaasfeesVoorbeeld

The Story of Easter

DAG 5 VAN 7

VRYDAG

Paulus skryf in Filippense 3:10 dat hy "Christus wil ken, die krag van sy opstanding wil ondervind en deel hê aan sy lyding, deur aan Hom gelyk te word in sy dood." Alhoewel dit onmoontlik lyk om hierdie verskriklike toneel te wil ervaar, is die wonderwerk wat hierdie verhaal bied, dat ons Christus werklik kan ken. Wanneer ons na die vrede, vreugde, kalmte en genade kyk wat deur al die geweld skyn, kan jy die skoonheid sien om soos Hy in sy dood te word. Hoe eenvoudig was sy lewe — deur ten volle op God te vertrou. Hy het geen aardse belange gehad nie, behalwe 'n moeder wat Hy aan sy beste vriend toevertrou het. Sy enigste besitting was 'n kleed waarvoor 'n wag gedobbel het. Daardie eenvoud. Daardie suiwer fokus. Daardie toegewydheid aan God se doel. Daardie volledige vertroue in sy Vader. Dit is iets om na te streef.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Story of Easter

Hoe sal jy lewe as jy weet dat dit jou laaste week is? Die laaste week van Jesus se lewe as mens op aarde, was met onvergeetlike oomblikke gevul: vervulde profesieë, intieme gebede, diep gesprekke, simboliese dade en wêreld-veranderende gebeurtenisse. Hierdie leesplan is ontwerp om die Maandag voor Paasfees te begin, en dit neem jou elke dag deur die hoofstukke van die vier evangelies, wat die verhaal van daardie heilige week vertel.

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir hierdie leesplan. As jy meer van Life.Church wil weet, besoek asseblief www.Life.Church