Span Jou Tyd In Vir GodVoorbeeld

Using Your Time for God

DAG 4 VAN 4

Trek 'n Rooster Op

Gebruik jou vryetyd vir dinge wat jou lewe verryk. Wanneer jy lees, gebruik jy jou tyd goed. Augustinus het eenmaal alle gelowiges aangeraai om soveel as moontlik te leer omdat alle waarheid ook God se waarheid is. 'n Ander verrykende beroep is die kunste. Ek hou ook daarvan om blokkiesraaisels te voltooi. Dit hou my brein aktief en so verbreed ek my woordeskat.

Dink aan maniere waarop jy Klaasvakie kan kul. My gewoonte was om tussen 8 en 9 uur saans te gaan slaap en soggens 4 uur op te staan. Dit het my baie gehelp om alles ingepas te kry. Vroeg in die oggend is daar nie baie afleidings en onderbrekings nie. Dit is die perfekte tyd om te studeer, te skryf of te bid.

Leer iets terwyl jy jou motor bestuur. Motorbestuur is een van daardie meganiese funksies wat jou verstand toelaat om paraat te wees vir meer as wat op die pad gebeur. Om te luister na klankopnames kan met groot sukses gebruik word terwyl jy bestuur.

Laastens, die gebruik van 'n rooster is meer bevrydend as beperkend. 'n Rooster help geweldig baie om jou tyd reg te bestuur. Dit behoort jou vriend en nie jou vyand te wees nie, want 'n rooster help jou om die reëlmaat van 'n God-verheerlikende en produktiewe lewe te vind.

Coram deo: Leef in God se teenwoordigheid

As jy nog nie 'n rooster het nie, maak een vir hierdie week en besluit aan die einde van die week hoe dit jou gehelp het om jou tyd beter te bestuur. As jy alreeds 'n rooster gebruik, hersien dit en bid oor jou prioriteite.

Kopiereg © Ligonier Ministries. Kry 'n gratis boek van R.C. Sproul by Ligonier.org/freeresource.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Using Your Time for God

'n Vierdag oordenking van R.C. Sproul oor hoe om jou tyd vir God te gebruik. Elke oordenking moedig jou aan om in God se teenwoordigheid, onder sy gesag en tot sy eer, te leef.

More

Ons bedank Ligonier Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: Ligonier.org/youversion